Kort biografie van Tryna du Toit  :

Catherina Charlotte Kotzenberg nee du Toit, (13 Januarie 1910 - 16 Oktober 2005) het onder die skuilnaam Tryna du Toit geskryf. Sy is gebore in De Aar, Noord-Kaap. Sy verwerf haar onderwysdiploma aan die Wellington Opleidingskollege waar sy ook skool gee tot 1932. Sy het begin skryf op die ouderdom van 30 jaar en publiseer - haar eerste boek nadat al drie haar kinders al volwassenes was. Sy het 41 novelles geskryf en dit is ook in 12 omnibusse opgeneem. Van haar bekende werke is “Wag-’n-bietjie”, “Die erfgenaam van La Provence” (ou Kaapseverhaal) en “Donkerpoort”. Haar novelle “Groen koring” handel oor tiener swangerskap en was 'n kontroversŽle boek toe dit in 1952 verskyn het. Die filmweergawe, Debbie, was eers verban. Haar laaste novelle “Net soos ’n arend” en sy het dit gepubliseer toe sy reeds 81 was.

Tryna du Toit sterf in 2005 nadat sy vir 'n jaar in 'n koma was.

Tryna du Toit het vir meer as 41 liefdesverhale en 12 omnibusse gesorg waaronder die volgende titels voorkom:

  1. Agter die berge - 1972 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  2. As jy my nodig het - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  3. Die Bolander - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  4. Die eensame pad - 1954 en 1994  - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  5. Die erfgenaam van La Provence - 1973- deur Tryna du Toit (ou-Kaapse verhaal)
  6. Die glashennetjie - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  7. Die goue gerf - 1960- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  8. Die helder lied - 1948- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  9. Die lied in die bos - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  10. Die nimmer-nimmer-berge -1953- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  11. Die nuwe dokter- deur Tryna du Toit
  12. Die towerstaf - 1956 / 1974- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  13. Die vennootskap - 1971- deur Tryna du Toit (vervolgverhaal in Sarie Marais)
  14. Die wit magnolia - Tryna du Toit (vervolgverhaal in Sarie Marais)
  15. Die wit ringmuur- deur Tryna du Toit
  16. Donkerpoort - 1973 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  17. Dwaalspore - 1954 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  18. Eendekuil - 1948 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  19. Groen koring - 1952 -’n persoonlike gunsteling van Tryna du Toit
  20. Haar erfenis - Tryna du Toit (Waterlelie-reeks)
  21. Hermina se bedrog - 1967 (Het oorspronklik as ”Haar erfenis” verskyn)
  22. Huis van die purperwinde -1982 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  23. Kleingeluk - 1955 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  24. Kruidjie-roer-my-nie - 1949 / 1960 - Tryna du Toit
  25. Laat somer -1976 - liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  26. Liefde gedwarsboom - 1950- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  27. Maanlig op die Sabie- deur Tryna du Toit (vervolgverhaal in Sarie Marais), 1949)
  28. Minnaar uit die vreemde - 1974  - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  29. ‘n ReŽndag in April
  30. Na elke lente - 1952 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  31. Net soos 'n arend (haar laaste boek wat op 81jarige ouderdom uitgereik was)
  32. Op vlerke van die wind - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  33. Ou Liefde - 1967 - liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  34. Rooi malva’s - liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  35. Rusteloos is die seile - liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  36. Skuilte- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  37. Stille hawe - 1958- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  38. Sy erfenis- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  39. Towerwater- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  40. Verdwaalde liefde - 1951 - liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  41. Wag-’n-bietjie (Tryna du Toit se persoonlike gunsteling)
  42. Wanneer die oestyd kom- liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  43. Wolwehoek - liefdesverhaal deur Tryna du Toit

Liefdesverhale en novelles van Tryna du Toit in jaar van uitgawe:

  1. 1948 : Die helder lied - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  2. 1948 : Eendekuil - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  3. 1949 : Kruidjie-roer-my-nie - 1949 / 1960 - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  4. 1949 : Maanlig op die Sabie- deur Tryna du Toit (vervolgverhaal in Sarie Marais),
  5. 1950 : Liefde gedwarsboom - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  6. 1951 : Na elke lente - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit (verskyn Junie 1951,                                 tweede druk in Julie 1951 en Derde druk in Mei 1952
  7. 1951 : Verdwaalde liefde - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit 
  8. 1952 : Groen koring - ’n persoonlike gunsteling van Tryna du Toit
  9. 1953 : Die nimmer-nimmer-berge - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  10. 1954 : Die eensame pad -  1954/1994  - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  11. 1954 : Dwaalspore - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  12. 1955 : Kleingeluk  - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  13. 1956 : Die towerstaf - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit.  1974/ 1956
  14. 1958 : Stille hawe - liefdesverhaal deur Tryna du Toit
  15. 1960 : Die goue gerf - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  16. 1964 : Die erfgenaam van La Provence - deur Tryna du Toit (ou-Kaapse verhaal)
  17. 1965 : As jy my nodig het - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  18. 1965 : Die nuwe dokter - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  19. 1965 : Die vennootskap - liefdesverhaal deur Tryna du Toit(vervolgverhaal in Sarie Marais)
  20. 1965 : Towerwater - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  21. 1966 : Die wit magnolia - Tryna du Toit (vervolgverhaal in Sarie Marais)
  22. 1966 : Sy erfenis - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  23. 1966 : Wolwehoek - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  24. 1967 : Die lied in die bos - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  25. 1967 : Hermina se bedrog - (Het oorspronklik as ”Haar erfenis” verskyn)
  26. 1967 : Ou Liefde - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  27. 1972 : Agter die berge - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  28. 1973 : Donkerpoort  - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  29. 1974 : Minnaar uit die vreemde - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  30. 1976 : Laat somer - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  31. 1982 : Huis van die purperwinde - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  32. Die Bolander - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  33. Die glashennetjie - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  34. Die wit ringmuur - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  35. Haar erfenis - Tryna du Toit (Waterlelie-reeks)
  36. ‘n ReŽndag in April
  37. Net soos 'n arend (haar laaste boek wat op 81 jarige ouderdom uitgereik was)
  38. Op vlerke van die wind - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  39. Rooi malva’s - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  40. Rusteloos is die seile - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  41. Skuilte - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
  42. Wag-’n-bietjie (Tryna du Toit se persoonlike gunsteling)
  43. Wanneer die oestyd kom - liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit

Tryna_du_Toit-as jy my nodighet liefdesverhaal
As jy my nodig het
liefdesverhaal deur Tryna du Toit
1965 uitgegee

Die grootste deel van haar jeug het Louise Fouchť as weeskind in die huis van haar stiefmoeder deurgebring, steeds in die skaduwee van haar beeldskone en briljante stiefsuster Monica, wat van kleins af daaraan gewoond was om altyd haar sin te kry.

Ook toe Buks Vledman in hul lewens gekom het, was Monica vasberade nie alleen om hom vir haarself te kry nie, maar ook te sorg dat hy alles na haar pype dans. Die keer het sy haar egter misreken.  Haar teenstand ten spyt gee hy sy belowende loopbaan in die stad prys vir die onsekere toekoms wat ‘n verwaarloosde bosveldplaas kan bied, en toe Monica weier om hom daarheen te volg, gaan hy alleen.

Toe hy ‘n paar maande later vir Louise vra om met hom te trou, staan sy voor ‘n moeilike besluit: Is Monica, wat intussen met ‘n welvarende sakeman getroud is, nie nog steeds in Buks se gedagtes nie? Sal haar skaduwee nie gedurig hul huweliksgeluk bedreig nie?

Sy aanvaar die waagstuk, min wetend wat alles op haar wag: die swaarkry en telleurstelling in ‘n primitiewe huisie op ‘n afgeleŽ plaas, en veral die feit dat die kindjie waarna sy en Buks so verlang, nie kom nie. Wanneer Monica se man dan onverwags sterf en sy aandring om met haar seuntjie na die plaas te kom om daar te rus, bereik sake ‘n breekpunt en moet Buks finaal kies.

‘n Pakkende verhaal oor verhoudings tussen mense soos alleen Tryna du Toit dit kan skryf.

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

Tryna_du_Toit_boek-_Laat_somer_liefdesverhale

Laat somer
liefdesverhaal deur Tryna du Toit
(snydokter / lektrise)
1976 uitgegee

Agt jaar nadat sy van die onbestendige Gerrie Meyer geskei is, trek Elizabeth Meyer terug na die stad om daar ’n nuwe lewe as universiteitslektrise te begin. Saam met haar gaan die familie aan wie sy die voorafgaande agt .jaar so vasgegroei het: haar seun, Buks, haar mooi, hardkoppige stiefsuster Esme, die trotse ouma Louw, Elsa en ou Katy.

Dit was vir almal van hulle moeilik om Louwsville te verlaat, want die Louws was Louwsville - maar almal was eweneens vasbeslote om in die stad aan te pas en ’n sukses van hul lewens daar te maak.

Min het hulle geweet wat daar op hulIe wag. . . snobistiese bure, ’n troetelkat wat die buurt terroriseer en telkens veroorsaak dat die vonke spat, heelwat drama en, die belangrikste, ’n snydokterbuurman wat sy bes doen met Elizabeth se ,,opvoeding”, soos hy dit noem.

Dan verskyn Gerrie ook weer op die toneel om die reeds oorstuurde Elizabeth verder om te krap. Sy moet uiteindelik ‘n duur prys betaal om weer gemoedsrus te kry, maar dan vind sy ook die geluk wat sy gedink het nie meer vir haar beskore is nie.

die liefdesverhaal verskyn ook in omnibus kliek hier

Tryna_du_Toit-agter_die_berge

Agter die berge
‘n Liefdesverhaal deur
 Tryna du Toit
1972 uitgegee

Veronica Eybers en haar vorige man, Emile de Klerk, is reeds vyf jaar van mekaar vervreem,  maar hulle ontmoet weer op ’n kunsuitstalling. Dit is dit die begin van ’n omwenteling in haar daaglikse lewenspatroon. Nie net staan ou, vergete, hartseer herinneringe haar weer helder voor die gees en beleef sy ongekende emosies nie, maar haar begeerste om te skilder word weer wakker gemaak en haar jarelange kokon van afsydigheid afgeskud. Hierby is nie alleen Emile gemoeid nie, maar ook sy vriende Jacques en Ingrid du Prť, die skildery ”Sestien” en fyne Leonie.

 

Tryna_du_Toit-haar_erfenis   Tryna_du_Toit-haar_erfenis2

Haar erfenis
Liefdesverhaal deur Tryna du Toit

Twee studente, Hermien Basson en Elaine Moolman sou oor ’n paar weke begin skoolhou.

‘n Speletjie deur identiteite om te ruil veroorsaak ’n nadraai toe Elaine uitvind dat die “bosveldplasie” wat sy erf R40 000 werd is. ’n Alleenloper skrywersoom, ’ėn vervreemde vader en ‘ėn jong aantreklike boer veroorsaak probleme maar ook opwinding wat bietjie bo die jong dames se vuurmaakplek blyk te wees.

lees meer van die Waterlelie reeks
ook vervat in omnibus - kliek hier

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

Tryna_du_Toit-rusteloos_is_die_seile TrynaduToit-rusteloos_is_die_seile (1)

Rusteloos is die seile
Liefdesverhaal deur Tryna du Toit

Anton en Louise bekker was albei jonk, maar sou hulle die gevare wat hul huwelik bedreig het, kon afweer? Veral toe Max Bester, ’n ou kÍrel op wie Louise vroeŽr verlief was maar nou ’n bekwame regiseur, op die toneel verskyn. Max dring aan dat Loise haar weer op toneelspel toelÍ, en dit is hier waar die eerste donker wolkie sy verskyning maak. Want die intriges van Justa de Kock, wat self nou Max verief is, verlig die situasie hoegenaamd nie.

Naas die aanpassings probleme van Louise en Anton, is daar ook haar ouers met hulle moeilikhede. Terwyl Louise se ouers magteloos toekyk, veg die jong egpaar teen hul eie swakhede om te keer dat hul huwelik totaal verbrokkel. Rusteloos is die seile is ’n verhaal oor die botsings tussen man en vrou; tussen vader en moeder

Tryna_du_Toit-wolwehoek liefdesverhaal

Wolwehoek
‘n Liefdesverhaal deur  Tryna du Toit
1966 uitgegee
Stofomslagtekening deur F Lategan
Stofomslagontwerp deur G.H. Rindfleisch

Wanneer Charlotte Verster na die sterfbed van haar oupa Joachim ontbied word, het sy nie die vaagste vermoede dat sy, die laaste van die Versters, die ou familieplaas Wolwehoek sou erf nie. Dit was per slot van rekening oupa Joachim wat haar en haar moeder totaal onterf en ‘n vreemde seun aangeneem het toe sy jong skoondogter kort na ‘n tragiese dood van haar man weer getrou en na Pretoria verhuis het.

En nou word Charlotte baas van Wolwehoek - op voorwaarde dat sy self op Wolwehoek kom boer en haar oupa se aangenome seun, die aantreklike Adriaan Visser, wat op die buurplaas boer, as haar voog aanvaar.Ten spyte van haar familie se verset, aanvaar sy die voorwaardes, want die ou plaas het haar sluimerende liefde vir die grond wakker gemaak. Selfs die feit dat Chris Rademeyer, die briljante jong man met wie sy verloof sou raak, nie die geringste belangstelling in die plaaslewe het nie, skrik haar nie af nie. Sy was seker dat sy hom mettertyd sou kon oortuig dat hulle toekoms op die Verster se familieplaas lÍ.

Intussen leer sy egter ook vir Adriaan Visser ken, die stil boer wat haar steunpilaar en raadgewer op die plaas word, maar verder streng formeel, soos deur die testament van haar oupa bepaal, tennor haar optree. Maar wat is sy ware gevoelens teenoor haar?

‘n Boeiende roman wat opnuut hierdie gewilde skryfster se vermoeŽ bewys om die ingewikkelde verhoudinge tussen mense met botsende  geaardhede en belange uit te beeld.

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

 Tryna_du_Toit-wit_magnolias

Die wit magnolia
 
geskryf deur Tryna du Toit

Fransie Lamont was bereid om van die Kaap met sy verfynde leefwyse afskeid te neem en die trekpad mat al sy gevare aan te durf want sy het geweet dat die aantreklike Danie Venter Írens anderkant die Grootrivier op haar wag. Maar die trek het lank geduur en het sy tol van die trekkers geŽis - en sou Danie haar nog liefhÍ?

Fransie het gehoop, geglo en dan weer getwyfel. Intussen het sy geleer om staat te maak op die jong wewenaar Casper la Grange, wat almal om hopn se vertroue ingeboesem het. En saans het sy verlangend die droe wit magnoliablommetjie in haar Bybel vertroetel, want dit het vir haar die simbool geword van die rustige tuiste wat sy vir haar en haar man in die nuwe vaderland sou skep.

Tryna du Toit vertel in hierdie historiese roman onderhoudend van die wel en weŽ wat die trekkers ondervind het en hoe die ”opgepiepte” Fransie op die lang tog getoon het dat sy met dieselfde vasbeslotenheid besiel is waarvoor die meer geharde trekkervroue bekend was.

Lees ook NEGE WAENS - deur Dirk Lubbe

(lees ook Sarah du Pisanie se boeke en meer spesfiek ”Fontein in die Dorsland” en ”Ver reis na die liefde”) en Wille Martin

TrynaduToit-minnaar_uit_die_vreemde_boek (1)

Minnaar uit die vreemde
boek deur Tryna du Toit
1974 uitgawe
Ontwerp deur Cherie le Roux

    Minnaar uir die Vreemde -  is die verhaal van Aletta VosIoo wat met haar twee susters Susan en Betsie die plaas Tiervlei moot behartig. Die mede-erfgenaam, sonder wie die Vosloo-susters niks kan doen nie, bevind hom in Amerika. Hy is ook nie daarsoor te vinde om met briefwisseling die verkoop van die plaas af te handel nie, hoewel buitengewone aanbiedinge daarvoor gemaak is.

    Intussen moet Atella as oudste suster die plaas behartig. en probleme begin eensklaps ontstaan wanneer daar tekens kom dat die koopaanbiedinge dalk deur vreemde motiewe geinspireer word. Aletta word verplig om van die voorman Jan Gouws ontslae te raak, wat op ’n vreemde manier by die geknoei om Tiervlei betrokke is. Die nuwe voorman is Jim Muller, was onmiddellik ’n stabiliserende invloed op Tiervlei bring.

    Aletta Vosloo bevind haar in ’n lastige situasie. Daar is aanbiedinge om die plaas, maar dr. Frans Naudť wil nie voor die tyd uit Amerika kom of ’n beslissing gee nie; die dorpsprokureur, Gawie Pretorius, is smoorverlief op haar; en dit lyk asuf Jim Muller ongemerk bestuur oor die plaas oorneem.

    Dit is ’n situasie vir Tryna du Toit, en sy hanteer dit met die vernuf wat al haar vorige boeke kenmerk.

ook vervat in omnibus - kliek hier

TrynaduToit-die_bolander

Die Bolander 
- deur Tryna du Toit
Uitgegee deur Bokmakierieboeke

Toe Annie Celliers die eerste dag van ’n nuwe skoolkwartaal die personeelkamer binnekom, is die nuwe skoolhoof, Johan de Kock, reeds daar. Hy staan met sy rug na haar. Maar toe hy omdraai, verbleek sy, want voor haar staan die man wat sy die alerminste wil sien!

En so begin die mees gebeurtenisvolle skoolkwartaal wat Saailaagte, ’n klein dorpie in die hartjie van die Karoo, nog ooit beleef het - betekenisvol nie net vir die dorpie nie, maar ook ver Johan de Kock en Annie Cilliers

Van die begin af het sy niks van hom gehou nie, die selfversekerde jong Bolander mat die deurborende grys oŽ wat haar telkens so ongemaklik laat voel het. En hy, Johan de Kock, wat sou hy werklik van Annie CIlliers gedink het? Want waar hy haar ookal teŽkom, het hy haar met doelbewuste onverskilligheid behandel.

Hierdie is die eerste boek in die Bolander-trilogie - ’n liefdesverhaal wat geen bewonderaar van Tryna du Toit - al wil misloop nie.

ook vervat in omnibus -  kliek hier

 

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

TrynaduToit-die_helderlied

Die helder lied
- deur Tryna du Toit

“Ek wens jy was nie so jonk nie, Martie.” Verras kyk sy op na hom, dan sÍ sy saggies: ”
”Ek het jou reeds gesÍ ek is byna agt en twintig. Ek dink nie dis so jonk nie.
“Dis te jonk.”
“Te jonk? Ek begryp nie.” Haar hart klop hard en vinnig. Hy draai sy kop en kyk af na haar, lank en peinsend, dan sÍ hy sag: ”As jy so ’n bietjie ouer was...kon ek jou gevra het.... om my vrou te word” Dis of haar hart in haar omslaan, Verward kyk sy weg.

“En nou.... kan jy nie? “fluister sy.”Nee. Dit sou nie regverdig of billik wees teenoor jou wees nie.”

”Waarom nie?” Haar lippe voel styf en koud.”Omdat jy jonk en mooi en lief is; omdat daar seker iets beters in die wÍreld vir jou wag as om met ” wewenaar te trou wat tien jaar ouer as jy is - wat alreeds liefgehad het. As ek nog alleen was, Martie - maar daar is my drie kinders....”

Stadig skuif die trein by ’n stil, verlate stasietjie verby. ’n Rukkie later is hulle stil; dan vra sy:
” Simon....dit was nie miskien ’n huweliksaansoek wat ek so pas ontvang het nie, was dit?”

“Nee, Martie. Maar jy sal een ontvang sodra jy terug is in Pretoria. Die keer sonder enige waarskuwings vooraf.”

Die helder lied is ’ėn teermooie liefdesroman soos net Tryna du Toit dit kan vertel.

ook vervat in omnibus - kliek hier

TrynaduToit-die_towerstaf

 

TrynaduToit-Die_vennootskap

 

trynadutoit-dienuwedokter

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

 

TrynaduToit-herminasebedrog (1)  

Hermina se bedrog
 bevat die twee stories, naamlik
Hermina se bedrog (Het oorspronklik as Haar erfenis, verskyn)
Ou liefde (was vroeŽr as aparte boek uitgegee)

Wanneer twee jong meisies besluit om, sommer vir die grap, hul name en rolle te ruil by ’n besoek aan mense wat hulle nie ken nie, kan komplikasies verwag word, veral as een van hulle die erfgename van ‘n ou familieplaas in die Bosveld is. Wat aanvanklik vir Hermina Basson en haar kamermaat Elaine slegs ’n interessante speletjie was, word ‘n warboel waaruit alleen leed vir alle betrokkenes kon voortspruit.

Hulle kry te doen met die aantreklike, selfversekerde Jan Kriel, ’n neef van Elaine wat sy nog nie vantevore ontmoet het nie en wat volgens een van die bepalings van haar eksentrieke oom se testament as voog oor haar aangestel is. Wat gaan van hul bedrogspeletjie word as hulle Jan Kriel se uitnodiging aanvaar om ’n maand lank by hom en sy moeder op sy plaas te kom kuier? En is die belangstelling wat Jan Kriel in sy ”niggie” toon eg of is dit bloot omdat hy haar beskou as die erfgenaame van sy buurplaas? Sal Hermina se bedrog haar ten slotte die liefde kos van die man wat sy leer liefkry het?

In Ou liefde, die tweede verhaal in hierdie boek, vertel Tryna du Toit van ’n vrou se wanhopige stryd om haar huwelik, wat reeds op die rotse is, te red.

ook vervat in omnibus - kliek hier

TrynaduToit-kleingeluk    TrynaduToit-kleingeluk1981

Kleingeluk
 Liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
tweede uitgawe was in 1981

Kleingeluk is die verhaal van die stryd, smart en oorwinning van die liefde. Die agtergrond waarteen die verhaal hom afspeel, is die groen wingerdplante hange en gewelhuise van die Kaap. Kleingeluk is die naam van ’n plaas wat met die ontwikkeling van die verhaal ’n simboliese betekenis kry. Tryna du Toit is by uitstek die skryfster wat die hoop, lyding en uiteindelike loutering van die liefde tussen ’n man en vrou in ’n verhaal soos diť kan vaslÍ

Tryna_du_Toit-SY Erfenis boek liefdesverhaal

Sy Erfenis
Liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
1966 uitgawe
Stofomslagtekening deur F. Lategan
Stofomslagontwerp deur G.H. Rindfleisch

Twee jong mense wie se enigste sekerheid in wankelende oorlogstyd hul liefde vir mekaar is, kan geen besef vorm van swaarkry wat in die toekoms wag nie. Hulle kan ook nie weet dat hul mooi, skoon liefde ander ongelukkig kan maak nie.

In “Sy Erfenis” vertel Tryna du Toit die mooi liefdesverhaal van Elizabeth en Fanie, wie se liefde vir mekaar opvlam kort voordat hy na die oorlog moet vertrek, van die swaarkry en bitterheid wat sy mense ondervind en van die vergifenis wat uit ken en liefkry gebore word.

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

 

TrynaduToit-Die_erfgenaam van le Provance ou Kaapseverhaal vroee Kaapse verhaal

Die erfgenaam van La Provence
Ou Kaapseverhaal deur Tryna du Toit
 

Mathilde Jourdan se lot is onbenydenswaardig wanneer sy aan die Kaap de Goede Hoop aanland en daar niemand is om haar by die boot te ontmoet nie. Die skeepskaptein verduidelik aan haar hoe sy by haar oom se huis kan uitkom, maar ook daar land sy voor dooiemansdeur. Slegs die bediendes is daar om die huishouding aan die gang te hou.

Eers veel later verneem sy van sy stiefseun Adriaan Cloete, dat haar oom na die binneland vertrek het op soek na ivoor en dat hy vermis beskou word. Ten einde raad neem hy haar saam na die plaas waar sy moeder ook is.

Allerlei gissings ontstaan: Is dit waar dat Jacques Jourdan sy testament ten gunste van Mathilde en haar broer verander het na ‘n rusie met Adriaan? En wie is die geheimsinnige persoon wat ‘n aanslag op haar broer se lewe maak?

Die leser het hier ‘n verhaal wat aan die vroeŽ Kaap afspeel, vol opwinding en handeling, en tesame met Tryna du Toit se sprankelende skryfstyl, is die resultaat ‘n puik roman wat algemeen byval sal vind.

Lees ook ander Kaapse verhale

Tryna_du_Toit-towerwater liefdesverhaal

Towerwater
Liefdesverhaal geskryf deur Tryna du Toit
1965 uitgawe
Stofomslagtekening deur F. Lategan
Stofomslagontwerp deur G.H. Rindfleisch

Vir Ria de Wet het die wÍreld meteens vol probleme geword. Na ‘n ongelukige huwelik wat op ‘n egskeiding uitgeloop het, het sy ontdek dat sy skryftalent het en verskillende boeke laat verskyn. Maar Bill Retief, wat by die uitgewers gewerk het, was klaarblyklik verlief op haar, en Bill was getroud. Dit laat Ria besluit om ‘n ou plan van haar uit te voer, naamlik om met ‘n verlangse Karoo-familie te gaan kennis maak en terselfdertyd stof te versamel vir die skryf van ‘n boek. En so het sy op Towerwater aangekom: die plaas waarop glo ‘n vloek gerus het. Wat het alles gesluil agter die verhoudings tussen die jong wewenaar Paul Theron, sy invalide suster Mona, en hul stiefmoeder Emily?

Hier op Towerwater sou Ria eindelik haar ware geluk vind, werklik tot rus kom, maar nie voordat skokkende gebeurtenisse plaasgevind het nie.

    Bo      Tuis_2

Skakel om boeke te bestel / koop:

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 567 2522(Magalieskruin)

stuur ‘n epos - kliek hier

Bo      Tuis_2

Lees ook boeke deur Ena Murray - kliek hier

Lees ook boeke deur Ela Spence- Kliek hier

 

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015