Lien Roux-De Jager is op 22 Augustus 1940 in Pretoria gebore en matrikuleer aan Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria. Aanvanklik publiseer sy jeug- en kinderverhale onder die skryfnaam Heléne Roux en later ook liefdesverhale onder die skryfnaam Jolene de Koningh.

lien_roux_de_jager skrywer biografieNa sy haar lewe lank gewoond was aan die lewe in die stad, woon Lien Roux-de Jager deesdae in Mafhikeng en geniet elke oomblik daarvan. Sy sê dat  die plek se mense het haar heeltemal oorweldig met hul hartlikheid en sorgsaamheid. Daar is deesdae nie meer soveel tyd vir haar stokperdjies nie, en as sy nie skryf nie, doen sy navorsing. Sy is bekend vir liefdesverhale, maar huiwer nie om rond te speel in genre-fiksie nie. Sy het reeds ‘n kleuterverhaal, sewe jeugverhale, nege romanses, en deesdae spanningsverhale (reeds drie met Kalli Krynauw die poligrafis) . Sy het 'n passie vir geskiedenis en het 'n historiese roman teen die agtergrond van die Boereoorlog geskryf, asook kortverhale in die bundels Boereoorlogstories en Grensoorlogstories. Sy skryf ook kortverhale vir Vrouekeur tydskrif.

In Die Afrikaanse Skryfgids was haar bydrae 'n hoofstuk oor die skryf van historiese romans. Twee van haar gedigte is opgeneem in die digbundels Skeur en Honderd jaar later.

Lees meer by ons ander webtuiste oor Heléne Roux / Lien Roux-De Jager - kliek hier

 

Boeke deur Lien Roux-De Jager sluit in:

  1. Anderkant die Berge, 1988. ‘n verhaal gebasseer op die werklikheid oor ‘n seun tydens die Groot Trek. (Ook in Engels gepubliseer as Beyond the mountains)
  2. Doemprofeet, 2006. Wetenskapfiksie deur Lien Roux-De Jager
  3. Donkel leuens,1e ‘n spanningsverhaal deur Lien Roux-De Jager (Kali Krynauw reeks)
  4. Eendag was daar oorlog, 1990. Anglo Boereoorlog Jeugverhaal deur Heléne Roux.
  5. Emma se oorlog - ‘ n liefdesroman, ‘n Lien Roux-De Jager wat in die Anglo Boeroorlog afspeel
  6. Fred se storie, 2009. Verhaal oor verhoudings  en verstandelike gestremdheid, deur Lien Roux-De Jager
  7. Gekoopte leuens, 2e ‘n spanningsverhaal deur Lien Roux-De Jager (Kali Krynauw reeks)
  8. Kamp F51, 1982. Jeugverhaal deur Lien Roux-De Jager
  9. Monsterduiwe. 2001 Wetenskapfiksie deur Lien Roux-De Jager
  10. Oupa Olivier weet van niks, jeugverhaal deur Lien Roux-De Jager
  11. Salakwanda die towenaar, 1984. Jeugverhaal deur Heléne Roux. (Lien Roux-De Jager)
  12. Slim leuens, 3e ‘n spanningsverhaal deur Lien Roux-De Jager Kali Krynauw reeks)
  13. Woestynvuur , 2006. Wetenskapfiksie deur Lien Roux-De Jager

roux de jager_ Lien donker_leuens spanningsverhaal

Donker leuens
‘n spanningsverhaal uit die pen van Lien Roux-De Jager

Kalli Krynauw is ’n forensiese psigofisioloog (poligrafis). Haar opdrag is om onderhoude te voer met die oorspronklike getuies wat iets weet van die verdwyning van De Villiers, die wetenskaplike wat navorsing gedoen het oor ’n alternatiewe brandstof. De Waal Brink word as konsultant ingeroep by die ondersoek. Om sake verder te kompliseer, is Kalli se suster, Madelein, ’n model, en al 15 jaar aan dwelms verslaaf. Haar verhouding met die dwelmkartelle...

Bo  Tuis_2

roux-de jager_ Lien gekoopte leuens spanningsroman

Gekoopte leuens
n spanningsverhaal uit die pen van Lien Roux-De Jager

In Lien Roux-de Jager se vorige spanningsverhaal, “Donker leuens” het lesers vir Kalli Krynauw, ’n forensiese psigofisioloog (poligraaf) leer ken; ook die karakter De Waal Brink, wat as konsultant ingeroep word; Kalli se suster, Madelein, ’n model wat al 15 jaar aan dwelms verslaaf is en haar verhouding met die dwelmkartelle wat komplikasies veroorsaak en die web van leuens en spanning al stywer span. Dit was duidelik dat die boek se einde en die karakters se ontwikkeling ideale ruimte gelaat het om as eerste hoofstuk in ’n reeks te dien.

In die tweede boek,”Gekoopte leuens”, is Kalli Krynauw terug en sy en haar suster weer die middelpunt van die moeilikheid. Die boek speel af in ’n luukse oord in die beboste klowe van die Drakensberge, naby Pelgrimsrus ( Mpumalanga voorheen Oos-transvaal) en Kalli word nie net as forensiese psigofisioloog ingespan nie, dit is ook haar fyn kennis van die polisieprosedures wat van haar ’n gedugte teenstander en gewaardeerde kollega maak. Sy breek weg na die oord saam met haar suster, wat nou al meer as ’n jaar dwelmvry is en boonop die “gesig” is van ‘n skoonheidsreeks, Papillon, wat in die laboratorium op die oord vervaardig word.

Die kuiertjie lyk aanvanklik na net die regte medisyne vir ‘n moeë lyf, maar na ’n spoggerige onthaal twee dae na hul aankoms word Kalli een oggend met ’n kopseer - en boonop half bedwelmd - wakker. Daar is bloed aan haar wit aandrok en haar suster het spoorloos verdwyn. Sy kan nie veel van die vorige aand onthou nie. Sy word verdink van moord op haar suster en in hegtenis geneem, waarna sy gou agterkom dat van die polisielede geplant en boonop korrup is en sy op een of ander manier die skuiwergat vir iets baie groter is. Sy word uiteindelik onder toesig van Special Intelligence Services (SIS) vrygelaat en moet na die oord terugkeer.

In “Donker leuens” het De Waal Brink en Kalli mekaar romanties leer ken, maar hy moes terug Amerika toe maar hy is steeds die wetenskaplike wat navorsing doen om ’n alternatiewe brandstof te vind. Hy daag weer as konsultant tot die ondersoek op en sy en Kalli se paaie kruis weer soos in die die eerste boek. Saam ontdek hulle twee lyke in ’n afgeleë stroompie op die oord se gronde en hul vermoedens dat die laboratorium nie net skoonheidsmiddels vervaardig nie, word versterk.

Intussen gaan draai die boek in die woestyn van Doebai, waar ’n familievriend, Joe, agter Madelein aan is en sy eie lewe in gevaar stel om Madelein te vind.

Lees ook ander liefdesverhale wat in die woestyn afspeel - kliek hier

Lees ook misdaad- en spanningsverhale deur ander Suid-Afrikaanse skrywers soos Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Deon Meyer, Chris Karsten en Leon van Nierop .

Bo  Tuis_2

Lees ook KLUB 707 aksieverhale / spanningsverhale - kliek hier

 

roux helene salakwanda die towenaar kinderboek afrikaans1

Salakwanda die towenaar
Jeugboek deur Heléne Roux

Kort na hul aankoms op die Bosveldplaas vir wat hulle gedink het ‘n vervelige vakansie sou wees, lê Francois en sy maats luilekker langs die rivier, half versteek tussen die riete.  Meteens kom ‘n man met ‘n outomatiewe geweer in die rivierloop afgesluip. Hy beduie met sy geweer, en daar kom nog twee uit die riete te voorskyn. Hulle het ook elkeen ‘n outomatiese geweer oor die skouer en dra ‘n swaar staalkis tussen hulle.

Toe Francois-hulle ‘n harde metaalgeluid agter hulle hoor, swaai hulle verskrik om. Op een van die hoë rotsblokke staan ‘n man, die dik rubbersole van sy hoë, stowwerige stewels wyd uitmekaar geplant. In sy hand ‘n outomatiese geweer reguit op Monda gerig.

So beland hulle in ‘n paalhok: binne-in ‘n donker grot, die gevangenis van ‘n waansinnige smokkelaar. en dan moet hulle kies: of hulle word vir die krokkodille gevoer Of hulle durf ‘n lewensgevaarlike ontsnappingspoging aan.

Salakwanda die towenaar (gskryd deur Heléne Roux) is ‘n verhaal oor jongmense wat skielik voor die gevare van vandag  te staan kom. geen leser sal die boeiende boek maklik kan neersit nie.

Lees ook KAMP F51 - oor nog avonture van Francois en sy maats

Bo  Tuis_2

 

Anderkant die berge
geskryf deur Heléne Roux

Anderkant die Berge, is ’n boeiende en onopgesmukte verhaal. Dis ’n historiese verhaal wat tydens die Groot Trek afspeel. Die verhaal is gebasseer op ‘n ware gebeurtenis van ’n seuntjie wat tydens die trek na die Noorde weggeraak het en deur ‘n swart stam gered en opgepas word tot ander trekkers verbygekom en hom saamgeneem het. Heléne Roux probeer nie groot letterkunde skryf nie. Sy skryf boeiende verhale met karakters wat leef en waarmee die leser kan identifiseer.

Bo  Tuis_2

Lees ook ander boeke oor die Tweede Vryheidsoorlog / Boereoorlog - kliek hier

Kliek hier vir boeke oor die slag van Bloedrivier

Bo  Tuis_2

roux helene eendag was daar n oorlog boereoorlogboek

Eendag was daar oorlog
Heléne Roux

(finalis vir die Sanlamprys vir jeuglektuur)
Eendag was daar oorlog is ook’n historiese verhaal wat dié keer teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog, en meer spesifiek, die beleg van Mafeking, afspeel. In ’n mate stem die verhaal ooreen met die tradisionele jeugavontuurverhale oor die oorlog: ’n jong seun wat met alle geweld wil gaan veg en dit dan ook doen. Die inhoud word egter op alles behalwe die tradisionele wyse aangebied. Die aanvanklike soeke na avontuur en aksie word gou getemper deur honger, uitputting, siekte, lewensverlies, en veral, verveling. Die hoofkarakter, iemand met ’n naiewe idee van oorlog word deur sy optrede tot die insigte gebring. Waarin die verhaal egter die meeste verskil van die tradisionele avontuurverhale is juis die aantoon dat daar nie soveel avontuur in ’n oorlog is nie. Heléne Roux slaag daarin om die sleurgang van ’n oorlog uit te beeld.
 

Lees ook ander boeke oor die Tweede Vryheidsoorlog / Boereoorlog - kliek hier

Bo  Tuis_2

roux de jager lien Oupa-Olivier-weet-van-niks kinderboeke

Oupa Olivier weet van niks
uit die pen van Lien Roux-De Jager

Oupa Olivier het baie seëls. Hy vertel ook lekker stories oor die seëls. Maar Stian kom agter Oupa Olivier vergeet baie dinge. Stian se sussie en boetie lag vir Oupa daaroor, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou.
Eendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twe later kon onthou waar die uitgang is nie !

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015