Pieter Willem Grobbelaar (Pieter W. Grobbelaar) is op Kersdag 1930 in Bloemfontein gebore en sterf 13 Januarie 2013. Hy matrikuleer in 1947 aan die HoŽrskool Sentraal in Bloemfontein. Hierna studeer Filosofie en behaal sy BA-graad asook 'n MA-graad in 1974 aan die Universiteit van Bloemfontein. In 1981 verwerf hy 'n doktorsgraad in Afrikaanse Kultuur- en Volkskunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy werk as joernalis by Die Burger en Die Volksblad en trou in 1953 met Cornelia Joubert, 'n skoolvriendin. Hulle het vier kinders. In 1956 word hy omroeper en regisseur by die SAUK waar hy onder andere jeugprogramme soos By die boekrak en Skrywers van die toekoms, 'n poŽsieprogram, hanteer. Vir die sewende reeks van sy program oor sy versamelde Afrikaanse volksliedjies, Die volk as digter, ontvang hy in 1986 'n Artes-toekenning. In 1961 word hy uitgewersredakteur by Tafelberg-uitgewers en in 1962 voltyds skrywer terwyl hy boer op sy vrugte- en wynplaas in Franschhoek. In 1970 word hy dosent in die Departement Afrikaanse Kultuurgeskiedenis, waar hy later professor word. Hy tree in 1995 af.

Hy is 'n baie produktiewe skrywer, vertaler, versamelaar en boekstawer van en navorser oor Afrikaanse volksverhale, volksrympies, liedjies en ander volkskundige sake. Hy skryf verhale gebaseer op Boesmanverhale, Afrikaanse volksverhale, sprokies, legendes, sages en fabels, Swape - en UilspieŽlverhale, Wolf- en Jakkalstories, historiese verhale en verhale met grappies, getalspeletjies, raaisels, tongknopers, 'n skelalfabet, woord- en leesspeletjies, geheime tale, volksang ensovoorts.

Sy skoonseun, Dawid van Lill, het vertel Grobbelaar het die hele land vol gereis om “stories by mense te gaan haal”. Hy het agter stories aangery om dit sodoende by die bron self te kry, en veldwerk saam met studente gedoen. Volksverhale en -rympies het hy gaan kry op plase by mense.  Hy het wye belangstelling gehad en daarom daagliks al sy koerante gelees.
Volgens ‘n artikel van Marlene Malan van RAPPORT, was hy verantwoordelik vir meer as 200 boeke. Hier onder volg  ‘n lys van boektitels.

Pieter W Grobbelaar biografie 1skrywer Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W  Pieter W Grobbelaar biografie 2skrywer Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W3    Pieter W Grobbelaar skrywer Abiografie frikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER Wbiografie
foto’s van die veelsydige skrywer, vertaler, versamelaar en boekstawer Pieter W Grobbelaar(Biografie)

Hy ontvang die volgende boek en literÍre toekennings:

PUBLIKASIES SLUIT IN:(Alfabeties)

  1. A is ‘n akker (‘n ABC-boek). Deur Pieter W Grobbelaar
  2. Aandstories vir kleuters (1970) en (2005) Deur Pieter W Grobbelaar
  3. Antjie Somers Loop Weer
  4. As die fluitspeler kom. Deur Pieter W Grobbelaar
  5. As Liefie en Grrr kom kuier. Deur Pieter W Grobbelaar
  6. Bobbejaan en die eina-pere en ander Afrikaanse sprokies
  7. Boerewysheid. Deur Pieter W Grobbelaar
  8. C. Louis Leipoldt : 28 Desember 1880-12 April 1947
  9. Dankie, meneer Nols
  10. Die aarde moet vry wees. Deur Pieter W Grobbelaar
  11. Die afgunstige leeus en ander Afrikaanse sprokies
  12. Die avonture van die sewe swape (1972), Pieter W Grobbelaar
  13. Die dief in die nag en ander Afrikaanse sprokies,
  14. Die Dokter wat dieretaal kon praat,
  15. Die drie wonderdogters
  16. Die eensame jagter en ander Afrikaanse heldeverhale
  17. Die gawe van die eenhoring en ander Afrikaanse sprokies
  18. Die gawe uit die hemel : stories en rympies
  19. Die gekroonde slang en ander Afrikaanse sprokies.  Deur Pieter W Grobbelaar
  20. Die goue voŽl en ander Afrikaanse sprokies.  Deur Pieter W Grobbelaar
  21. Die groot Afrikaanse fabelboek (1978). Deur Pieter W Grobbelaar
  22. Die groot Afrikaanse heldeboek (1976). Deur Pieter W Grobbelaar
  23. Die groot dierestorieboek (1967). Deur Pieter W Grobbelaar (lees ook ander diereverhale)
  24. Die groot nuwe Kinderbybel. Deur Pieter W Grobbelaar
  25. Die heks van Hexrivier en ander Afrikaanse sprokies
  26. Die hoŽ land. Deur Pieter W Grobbelaar. Illustrasies deur Karin Stromsoe
  27. Die kinders en die veldkornet,
  28. Die laaste leeu van die Karoo en ander Afrikaanse kampvuurstories
  29. Die landsoeker en ander Afrikaanse heldeverhale
  30. Die lelikste padda Deur Pieter W Grobbelaar.
  31. Die lui skoonmaker en ander Afrikaanse sprokies,
  32. Die Maanklip: ’n Sprokie van ons eie tyd Deur Pieter W Grobbelaar.
  33. Die man genaamd MOT. Deur Pieter W Grobbelaar
  34. Die mense is bang vir Petrus Alsander
  35. Die mooiste Afrikaanse sprokies (1968) en (2003), Pieter W Grobbelaar
  36. Die nagberg (saam met J.J.G. Grobbelaar - oor die lewe van Louw Wepener),
  37. Die rob-vrou en ander Afrikaanse sprokies
  38. Die roerende avonture van moedertjie Mart en haar kranige kat.  Deur Pieter W Grobbelaar
  39. Die rooi lappieskombers: volkskwatryne
  40. Die riviermeisie en ander Afrikaanse sprokies,
  41. Die seun in die pad. Deur Pieter W Grobbelaar
  42. Die seun met die ster in sy hand. Deur Pieter W Grobbelaar
  43. Die son-seuns en ander Afrikaanse sprokies,
  44. Die swaaplanders. Deur Pieter W Grobbelaar
  45. Die Turkse tapyt, Stories en rympies.
  46. Die twee broers en ander Afrikaanse kampvuurstories,
  47. Die twee kapteins en ander Afrikaanse heldeverhale. Deur Pieter W Grobbelaar
  48. Die tweede gerf. Deur Pieter W Grobbelaar
  49. Die verlore stad (saam met J.J.G. Grobbelaar)
  50. Die vermaaklike lewe van Tyl UilspieŽl (1967). Deur Pieter W Grobbelaar
  51. Die vrou wat nie haar mond kon hou nie,
  52. Die Vurige wa ander Afrikaanse Kampvuurstories - Pieter W. Grobbelaar en Danie van Niekerk
  53. Die wegraak van die bont by en ander Afrikaanse sprokies
  54. Die wit pyl (of waar die Suidewind vandaan kom),  illustrasies deur John van Reenen
  55. Doer in Dierlandy: Afrikaanse oustories (1986) en (2005), Pieter W Grobbelaar
  56. Dokter Dinkel van die Ou-Kaap
  57. Dokter Jakkals en ander Afrikaanse sprokies
  58. Eendag was daar, 'n domjan: Afrikaanse oustories (1983), Pieter W Grobbelaar
  59. Een vir jou en een vir my en ander Afrikaanse sprokies,
  60. Fluit-fluit. Deur Pieter W Grobbelaar
  61. Geliefde Generaal: ’n roman oor die lewe van generaal J.B.M. Hertzog
  62. Gouelinkie en andre Afrikaanse Sprokies
  63. Hans die Geluksoeker 'n Ou Afrikaanse volksverhaal
  64. Hansie Smal en ander Afrikaanse heldeverhale,
  65. Hasie Musikant en ander Afrikaanse sprokies
  66. Hessie Kwedet, Protea Boekhuis
  67. Hoera vir Moesan!, (lees ook ander diereverhale)
  68. Huberta gaan op reis (lees ook ander diereverhale)
  69. Jakkals en Wolf (2011), Pieter W Grobbelaar
  70. Jakkals tiervreter en ander Afrikaanse sprokies
  71. Jakkalsdraf en wolwedans: Afrikaanse oustories (1982), Pieter W Grobbelaar
  72. Japie Greyling en ander Afrikaanse heldeverhale,
  73. Japsnoet: ’n oorspronklike sprokie
  74. Kampvuurstories, (2011),. Deur Pieter W Grobbelaar
  75. Kardoes : Stories en rympies (1972), Pieter W Grobbelaar
  76. Kaskenades op Kykuit
  77. Kinders van Konings. Deur Pieter W Grobbelaar
  78. Klaas Luiaard en ander Afrikaanse sprokies
  79. Klaas Naald-hulle: Afrikaanse oustories (1985) en (2008), Pieter W Grobbelaar
  80. Klawerjas,
  81. Koeitjies in die klawer: die groot Afrikaanse rympieboek. Deur Pieter W Grobbelaar
  82. Kommandeer! Kommandeer!, Volksang uit die Anglo-Boereoorlog. Deur Pieter W Grobbelaar
  83. Korporaal Woltemade
  84. Kyk, daar’s vuur in die bome! Deur Pieter W Grobbelaar
  85. Lank lewe Leeuhart
  86. Langkappie is haar naam
  87. Lanterntjie Brand en ander Afrikaanse Sprokies - Pieter W. Grobbelaar en Dorothy Hill - 1972
  88. Maans se straf en ander Afrikaanse kampvuurstories. Deur Pieter W Grobbelaar
  89. Man van die Volk. Deur Pieter W Grobbelaar
  90. Manie aap (lees ook ander diereverhale)
  91. Moenie aan my vat nie en ander Afrikaanse sprokies deur Pieter W Grobbelaar
  92. Moesan die muisman. Deur Pieter W Grobbelaar
  93. Moesan die president. Deur Pieter W Grobbelaar
  94. Moesan muis, Deur Pieter W Grobbelaar
  95. My rooi rympieboek: los rympies vir lekkerlees en luister (1977), Deur Pieter W Grobbelaar
  96. ‘n Bietjie baie bogtery (met Willem Jordaan)
  97. ’n Liewe lawwe lollery (met Willem Jordaan)
  98. 'n Koning genaamd leeu: Afrikaanse oustories (1983), Pieter W Grobbelaar
  99. Niekie Appelgryn en ander Afrikaanse kampvuurstories,
  100. Oom Deon se helikopter
  101. Ou Mi'kai vertel: hoe die melkweg sy vuur gekry het (1963), Pieter W Grobbelaar
  102. Ou Mi'kai vertel: Tafelberg se karos (1964), Pieter W Grobbelaar
  103. Ou-waarsÍer en ander Afrikaanse sprokies
  104. Ouvrou Rooimus en ander Afrikaanse sprokies
  105. Pas op vir Rapetal
  106. Pinkie (Suid-Afrika se eie klein Duimpie)
  107. Pietervlie,. Deur Pieter W Grobbelaar
  108. Pietie Petronella - verhaal van ‘n rerige voŽl deur Pieter W Grobbelaar (lees ook ander diereverhale)
  109. Poorters
  110. Racheltjie de Beer en ander Afrikaanse heldeverhale - Pieter W Grobbelaar
  111. Slang! Slang!, en ander Afrikaanse kampvuurstories, Deur Pieter W Grobbelaar
  112. So by my kool!, en ander Afrikaanse kampvuurstories. Deur Pieter W Grobbelaar
  113. Storieman se tyd. Deur Pieter W Grobbelaar
  114. Stories vir die lente. Deur Pieter W Grobbelaar
  115. Stories vir die somer
  116. Stories op rym: verhalende gedigte,
  117. Toutrek
  118. Towerlantern, Afrikaanse oustories.
  119. Trippe trappe trone: die groot Afrikaanse volksrympieboek,  Deur Pieter W Grobbelaar
  120. Troue in die poppekas , illustrasies deur John van Reenen
  121. Tyd van die Penkoppe, verhaal uit die Anglo-Boereoorlog
  122. Uiltjie, Uiltjie in die spieŽl: Afrikaanse oustories (1984) en (2006), Deur Pieter W Grobbelaar
  123. Uit ou Mi'kai se dae (1976), Pieter W Grobbelaar
  124. Varkies in die bone: die groot Afrikaanse kinderrympieboek,
  125. Verhale van die veld, Illustrasies deur Dorothy Hill (Huppelkind reeks)
  126. Vlerkvoet en ander Afrikaanse sprokies. Deur Pieter W Grobbelaar
  127. VoŽls van eenderse vere. Deur Pieter W Grobbelaar
  128. Wensfontein,. Deur Pieter W Grobbelaar
  129. Wieliewalie, Die groot Afrikaanse kinderversekeur
  130. Wipplank  : ons speel met woorde. Deur Pieter W Grobbelaar
  131. Wolf en Jakkals in die lang pad en ander Afrikaanse sprokies,
  132. Wolraad Woltemade en ander Afrikaanse heldeverhale

 

PUBLIKASIES SLUIT IN:(volgens jaar van uitgawe)

  1. 1963 Ou Mi'kai vertel: hoe die melkweg sy vuur gekry het, John Malherbe uitgewers. . Deur Pieter W Grobbelaar
  2. 1964 Ou Mi'kai vertel: Tafelberg se karos, John Malherbe uitgewers. Deur Pieter W Grobbelaar
  3. 1965 Die nagberg (saam met J.J.G. Grobbelaar - oor die lewe van Louw Wepener), Tafelberg  (lees ook van ander geskiedenis boeke) deur Pieter W Grobbelaar
  4. 1965 Antjie Somers Loop Weer
  5. 1966 Man van die Volk, Human & Rousseau. deur Pieter W Grobbelaar
  6. 1966 Die lelikste padda
  7. 1967 Die verlore stad (saam met J.J.G. Grobbelaar), Human & Rousseau. deur Pieter W Grobbelaar
  8. 1967 Die vermaaklike lewe van Tyl UilspieŽl, , Human & Rousseau. deur Pieter W Grobbelaar
  9. 1968 Geliefde Generaal: ’n roman oor die lewe van generaal J.B.M. Hertzog, Human & Rousseau  (lees ook van ander geskiedenis boeke). deur Pieter W Grobbelaar
  10. 1968 Die mooiste Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. deur Pieter W Grobbelaar
  11. 1969 As die fluitspeler kom, Tafelberg. deur Pieter W Grobbelaar
  12. 1969 Klaas Luiaard en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  13. 1969 Wolf en jakkals in die lange pad en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. deur Pieter W Grobbelaar
  14. 1969 Moesan die muisman, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  15. 1969 Die mense is bang vir Petrus Alsander, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  16. 1969 Die afgunstige leeus en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  17. 1969 Die swaaplanders, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  18. 1969 Trippe trappe trone: die groot Afrikaanse volksrympieboek, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  19. 1969 Kaskenades op Kykuit
  20. 1970 Aandstories vir kleuters, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  21. 1970 Die gekroonde slang en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  22. 1970 Hasie Musikant en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  23. 1970 Die lui skoonmaker en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  24. 1970 Die gawe van die eenhoring en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  25. 1970 Die son-seuns en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  26. 1970 Die riviermeisie en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  27. 1970 Die dief in die nag en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  28. 1970 Die man genaamd MOT, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  29. 1970 Dokter Jakkals en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  30. 1970 Die Maanklip: ’n Sprokie van ons eie tyd, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  31. 1970 Die twee kapteins en ander Afrikaanse heldeverhale, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  32. 1970 Racheltjie de Beer en ander Afrikaanse heldeverhale - Pieter W Grobbelaar
  33. 1971 Die seun in die pad, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  34. 1971 Niekie Appelgryn en ander Afrikaanse kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  35. 1971 Ou-waarsÍer en ander Afrikaanse sprokies. Human & Rousseau.,.Deur Pieter W Grobbelaar
  36. 1971 Die twee broers en ander Afrikaanse kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  37. 1971 Maans se straf en ander Afrikaanse kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  38. 1971 So by my kool!, en ander Afrikaanse kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  39. 1971 Slang! Slang!, en ander Afrikaanse kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  40. 1971 Die laaste leeu van die Karoo en ander Afrikaanse kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  41. 1971 Japsnoet: ’n oorspronklike sprokie, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  42. 1971 Niekie appelgryn en ander kampvuurstories, Human en Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  43. 1971 Dokter Dinkel van die Ou-Kaap, Human en Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  44. 1971 Een vir jou en een vir my en ander Afrikaanse sprokies, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  45. 1971 Vlerkvoet en ander Afrikaanse sprokies
  46. 1972 Pinkie - geskryf deur Pieter W Grobbelaar
  47. 1972 Kardoes, Human en Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  48. 1972 Die landsoeker en ander Afrikaanse heldeverhale, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  49. 1972 Japie Greyling en ander Afrikaanse heldeverhale, Human & Rousseau  (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  50. 1972 Hansie Smal en ander Afrikaanse heldeverhale, Human & Rousseau  (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  51. 1972 Die eensame jagter en ander Afrikaanse heldeverhale, Human & Rousseau (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  52. 1972 Wolraad Woltemade en ander Afrikaanse heldeverhale, Human & Rousseau (lees ook van ander geskiedenis boeke)Helde reeks Grobbelaar
  53. 1972 Die vrou wat nie haar mond kon hou nie, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  54. 1972 Storieman se tyd, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  55. 1972 Die Dokter wat dieretaal kon praat,  Human & Rousseau . Deur Pieter W Grobbelaar
  56. 1972 Die avonture van die sewe swape, Pieter W Grobbelaar. Deur Pieter W Grobbelaar
  57. 1972 Huberta gaan op reis, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  58. 1972 Bobbejaan en die eina-pere en ander Afrikaanse sprokies, Human en Rousseau
  59. 1972 Die roerende avonture van moedertjie Mart en haar kranige kat . Deur Pieter W Grobbelaar / Paul Galdone
  60. 1972 Die HoŽ Land : 'n ou Afrikaanse sprokie. illustrasies deur Karin Stromsoe
  61. 1972 Lanterntjie Brand en ander Afrikaanse Sprokies - Pieter W. Grobbelaar en Dorothy Hill
  62. 1972 Ouvrou Rooimus en ander Afrikaanse sprokies
  63. 1972 Die wegraak van die bont by en ander Afrikaanse sprokies
  64. 1972 Toutrek en ander Afrikaanse sprokies
  65. 1972 Jakkals tiervreter en ander Afrikaanse sprokies, illustrasies deur KATRINE HARRIES
  66. 1972 Die heks van Hexrivier en ander Afrikaanse sprokies, illustrasies deur Katrine Harries
  67. 1972 Die goue voŽl en ander Afrikaanse sprokies
  68. 1972 Moenie aan my vat nie en ander Afrikaanse sprokies deur Pieter W Grobbelaar
  69. 1973 Moesan die president, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  70. 1973 Die groot nuwe Kinderbybel, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  71. 1973 Die seun met die ster in sy hand. Deur Pieter W Grobbelaar
  72. 1973 Varkies in die bone: die groot Afrikaanse kinderrympieboek, Tafelberg
  73. 1974 Troue in die poppekas, Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  74. 1974 Stories vir die lente, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  75. 1974 Verhale van die veld, Illustrasies deur Dorothy Hill (Huppelkind reeks)
  76. 1974 Die gawe uit die hemel : stories en rympies
  77. 1975 Koeitjies in die klawer: die groot Afrikaanse rympieboek
  78. 1975 Stories vir die somer, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  79. 1976 Die groot Afrikaanse heldeboek, Human & Rousseau  (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  80. 1976 Die kinders en die veldkornet, Tafelberg (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  81. 1976 Pietervlie, Perskor. Deur Pieter W Grobbelaar
  82. 1976 Uit ou Mi'kai se dae, Pieter W Grobbelaar
  83. 1976 Langkappie is haar naam. Deur Pieter W Grobbelaar
  84. 1977 Boerewysheid, Tafelberg  (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  85. 1977 Hans die Geluksoeker 'n Ou Afrikaanse volksverhaal. Deur Pieter W Grobbelaar
  86. 1977 My rooi rympieboek: los rympies vir lekkerlees en luister deur Pieter W Grobbelaar
  87. 1978 Korporaal Woltemade deur Pieter W Grobbelaar
  88. 1979 Die Turkse tapyt, Stories en rympies. Human & Rossouw. Deur Pieter W Grobbelaar
  89. 1980 C. Louis Leipoldt : 28 Desember 1880-12 April 1947
  90. 1982 ’n Bietjie baie bogtery (met Willem Jordaan), Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  91. 1982 Kyk, daar’s vuur in die bome!, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  92. 1982 Jakkalsdraf en wolwedans: Afrikaanse oustories (1982), Pieter W Grobbelaar
  93. 1983 Eendag was daar ’n Domjan, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  94. 1983 ’n Koning genaamd Leeu, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  95. 1983 Manie aap. Daan Retief uitgewers. Deur Pieter W Grobbelaar
  96. 1984 Poorters, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  97. 1984 Die aarde moet vry wees. Daan Retief uitgewers
  98. 1984 Die drie wonderdogters, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  99. 1984 A is ‘n akker (‘n ABC-boek). Deur Pieter W Grobbelaar
  100. 1985 Dankie, meneer Nols. Deur Pieter W Grobbelaar
  101. 1985 Wipplank : ons speel met woorde
  102. 1985 As Liefie en Grrr kom kuier. Deur Pieter W Grobbelaar
  103. 1986 Doer in dierlandy, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  104. 1986 Klawerjas, Perskor. Deur Pieter W Grobbelaar
  105. 1986 Wensfontein, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  106. 1987 Towerlantern, Afrikaanse oustories. Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  107. 1987 Pietie Petronella - verhaal van ‘n rerige voŽl deur Pieter W Grobbelaar (lees ook ander diereverhale)
  108. 1988 Moesan muis, Daan Retief. Deur Pieter W Grobbelaar
  109. 1988 ’n Liewe lawwe lollery (met Willem Jordaan), Tafelberg. Deur Pieter W Grobbelaar
  110. 1989 Wieliewalie, Die groot Afrikaanse kinderverse keur, Perskor. . Deur Pieter W Grobbelaar
  111. 1991 Hoera vir Moesan!, Daan Retief
  112. 1991 VoŽls van eenderse vere. Deur Pieter W Grobbelaar
  113. 1997 Die rooi lappieskombers: volkskwatryne, Human & Rousseau
  114. 1999 Kommandeer! Kommandeer!, Volksang uit die Anglo-Boereoorlog, J.P. van der Walt. (lees ook van ander geskiedenis boeke)
  115. 2001 Tyd van die Penkoppe, verhaal uit die Anglo-Boereoorlog, LAPA (lees ook van ander geskiedenis boeke) - lees ander Boereoorlog verhale
  116. 2001 Stories op rym: verhalende gedigte, Lapa
  117. 2002 Hessie Kwedet, Protea Boekhuis
  118. 2003 Die tweede gerf, Lapa
  119. 2006 Jakkalsdraf en Wolwedans, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  120. 2006 Uiltjie, Uiltjie in die spieŽl, Human & Rousseau
  121. 2006 Die vermaaklike lewe van Tyl UilspieŽl, Protea Boekhuis. Deur Pieter W Grobbelaar
  122. 2008 Klaas Naald-hulle, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  123. 2009 Kinders van Konings, Protea Boekhuis. Deur Pieter W Grobbelaar
  124. 2011 Kampvuurstories, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  125. 2011 Jakkals en Wolf, Human & Rousseau. Deur Pieter W Grobbelaar
  126. ???? Pas op vir Rapetal
  127. ???? Die wit pyl (of waar die Suidewind vandaan kom),  illustrasies deur John van Reenen. Jaar van uitgawe nie aangedui nie

Poetry

1968 Onder die skedelvlag, Tafelberg

Berig wat in die RAPPORT verskyn het
Ou sontjie sak weg

Geliefde skrywer sterf kort na vrou

Marlene Malan in Kaapstad
‘n Week voor Kersfees het die sanger Randall Wicomb nog die Griekwapsalm 121 en Ou sontjie sak mos weg op die begrafnis van Cornelia Grobbelaar, vrou van die volkskrywer Pieter W. Grobbelaar, gesing.
Gister het Grobbelaar, skrywer van meer as 200 boeke, ook gesterf.
“Na sy vrou se gedenkdiens het ek hom in die tehuis vir bejaardes in Worcester gaan groet. Ek het ’n foto van hom geneem, want ek het gedink, ”Pieter, ek gaan jou nie weer sien nie”, het Wicomb gister gesÍ.
Grobbelaar was die mees produktiewe en gerekende skrywer van volksverhale en versamelaar van volksang, en het veral bekend geword vir sy kinderboeke en geskiedkundige werke.
Sy seun Francois het gister gesÍdie familie vind berusting in hul ouers se sterfte so kort na° mekaar “omdat albei ‘n vol lewe gehad het. Die afskeid is makliker. Dis ons troos.”
Die egpaar was albei 82 jaar oud en het verlede jaar hul 50ste huweliksherdenking gevier. 
Grobbelaar het sy loopbaan as verslaggewer en subredakteur by Die Burger en Volksblad begin en later ‘n meestersgraad aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n doktorsgraad op Stellenbosch verwerf.
Van 1984 tot 1996 was hy professor in Afrikaanse kultuurgeskiedenis by Maties.
In 1968 het Grobbelaar die C.P. Hoogenhout-prys vir Die mooiste Afrikaanse sprokies ontvang, en in 1971 is hy met die Tienie Holloway-medalje bekroon vir al sy kinderboeke 
Van sy bekende werke sluit in Doer in Dierlandy, ’n Koning genaamd Leeu, Antjie Somers loop weer, Kinders van konings, Die groot Afrikaanse heldeboek, Trippe trappe trone (Die groot Afrikaanse volksrympieboek) en Varkies in die bone (Die groot Afrikaanse kinderrympieboek).
Wicomb het aan Rapport gesÍ hy en Grobbelaar het jare lank saamgewerk om die kollig op Afrikaanse volksang te laat val.
“Pieter het by my die liefde vir volksmusiek gekweek. As hy nie Die rooi rok en Ou sontjie gaan uitgrawe het nie, sou dit begrawe gewees het”
 Grobbelaar laat vier kinders, Erika Bekker, Johannes Grobbelaar, Marina van Lill en Francois Grobbelaar, agter. Die begrafnisreÍings word later bekend gemaak.
 

Pieter en Cornelia Grobbelaar / http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2013/01/20/RH/7/mmskrywer-436.html

 

Bo     Tuis_2

 

 

Pieter_W_GROBBELAAR Kardoes kinderboeke

Kardoes : Stories en rympies  (1972)
Illustrasies deur Nikki Jones
Geskryf deur
Pieter W Grobbelaar
Herdrukke in 1974, 1977, 1978, 1979, 1980, 1982 en 1992

Bekoorlike stories en rympies vir voorlees en selflees: daar is

‘n eend wat ‘n dief vang,
 ‘n verwaande speelgoedmotortjie wat ‘n motorhuis soek
‘n springerige mieliepit wat uit Vrou Tulle se yeterpot ontsnap
‘n doodgewone kat wat die ster van die sirkus word
en talle ander plesierighede

Inhoud:

Middagkoelte
Pos
Piet Blom
VoŽlvry
Goeie raad
Hoor hoe fluit die kookewiet
Gertjie die dapper gans
Motortjie Weemmm
Boomklim
Jannie Pannie
Jorsie
Maankaas
Flossie
Kiepie die springerige mieliepit
Lienkie en die duif
Polonie palop
Te laat
‘n Huis in die mis
Goggabie
Die sirkuskatte baljaar
Rensie en Raaitjie hardloop resies
ABC
Die lelikste padda
Tien klein seuntjies

 

Bo     Tuis_2

 

 

Pieter_W_GROBBELAAR JAKKALS EN WOLF Kinderboeke

Jakkals en Wolf

Pieter W Grobbelaar
illustrasies deur Sean Verster

.’n Versameling Jakkals en Wolf stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar Vir 9 tot 12+-jariges
 

Skelm Jakkals sal nie skroom om arme ou Wolf aan die pen te laat ry nie. En Wolf leer ook nie sy les nie, maar trap elke keer weer in die spreekwoordelike slagyster wat Jakkals vir hom stel. Stories vol humor, maar ook waardevolle lewenslesse wat geleer word uit die manewales van diť twee geliefde karakters.
Die stories lewer op ‘n satiriese wyse kommentaar op die een of ander samelewingsaspek; dit is dus didakties van aard. Menslike kwaliteite word aan die diere toegesÍ solank die diere net met hulle eie, unieke karaktereienskappe menslike handelinge naboots. 
 

Bo     Tuis_2

 

 

Pieter_W_GROBBELAAR OU-Waarseer en ander Afrikaanse sprokies

Ou-WaarsÍer en ander Afrikaanse sprokies
Uitgesoek en oorvertel deur Pieter W Grobbelaar
Illustrasies deur Karin Stromsoe

Inhoud

Open Sasimba
(ook “Ali Baba en die veertig rowers” het via die Bantoes ‘n eie plek in Afrikaans verower. ‘n Mens kan maar net wonder waar hulle daaraan gekom het, want volgens die ou Bantoe-vertellers is dit deur die “oumense” aan hulle oorgelewer. Dit bewys weer eens dat die ware sprokie geen landsgrense eerbiedig nie, maar op die mees onverwagte plekke uitslaan)
Die koning van die dam
ou WaarsÍer
Hennetjie en die mieliepit

 

Bo     Tuis_2

 

 

Die Dokter wat dieretaal kon praat,
1972 uitgegee deur Human & Rousseau
oorvertel deur Pieter W Grobbelaar
Illustrasies deur Katrie Harries
 

(Die ganse wÍreld ken vandag daardie Englsman dokter Dolittle, wat so lekker die diere se taal kon praat en toe soveel avonture met hulle belewe het. Maar lank voor sy tyd, hier in ons eie Suid-Afrika, het daar in die Wes-Vrystaat ‘n Griekwa-dokter gelewe, en hy het later self vertel hoe hy en die diere geleer het om mekaar te verstaan, en van die hele moles wat dit toe afgegee het. Volgens oorlewering het hierdie dokter glo honderd-en-vyftig jaar oud geword en is dit na hom dat die Vrystaatse dorp JAGERSFONTEIN vernoem is.)

Inhoud
Die dokter leer ‘n les
Krap lÍ skeef
Muishond voel olik
Die byekoning se keel is seer
Dit reŽn paddas
Die bruilof
Die ryk weduwee

 

Bo     Tuis_2

 

Pieter_W_GROBBELAAR Die drie wonderdogters Kinderboeke 

Die drie wonderdogters
uitgegee 1984 deur Human & Rousseau
oorvertel deur Pieter W Grobbelaar

Pieter_W_GROBBELAAR Die drie wonderdogters joy Prichard Kinderboeke

Hierdie groepie verhale kom uit die wÍreld van die SAN, en verklaar watter weerklank, ‘n lugspieŽling en die “gees van die water” eintlik is. Die natuurverskynsels neem die gestalte aan van drie vroue - Weer gegee, Antjie-van-die-Vlaktes en die Blomvrou - wat hul niksvermoedende slagoffers in die gevaar lok.

Joy Packhard se illustrasies dra by tot die vreemde bekoring van die verhale, boeiend oorvertel deur Pieter W. Grobbelaar, voorwaar ‘n kenner van ons inheemse volkskatverhale.

 

Bo     Tuis_2

Pieter W Grobbelaar Pas op vir rapetal Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W boeke

Pas op vir Rapetal
Boek deur Pieter W Grobbelaar

 

Bo     Tuis_2

Koop boek by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Stuur e-pos - kliek hier

Bo     Tuis_2

 

Kinders van konings

n Boeiende storie en ’n singbare wysie - di die elemente wat volksballades nie net in die volksmond lewend hou nie, maar ook tydlose sjarme daaraan verleen. Want soos wat Pieter W. Grobbelaar in diť boek verklaar: ”Die volksmens sing liedere nie net stukkend nie; hy wysig hulle soms ten goede.”

Kinders van konings is ’n omvattende werk oor die volksballade in Afrikaans. Nie net word die oorsprong en ontwikkeling van hierdie tipe volkskuns op bondige en toeganklike wyse aangebied nie - 69 Afrikaanse volksballades word ook vir die eerste keer met volledige teks en musiek opgeteken. Met ’n spektrum wat strek vanaf die vroegste Middeleeuse volksballades uit Nederlands oorgeŽf, tot ballades wat eers teen 1970 ontstaan het, word ’n omvattende blik gegee op meer as die verloop van die geskiedenis: ook die ontwikkeling van Afrikaans as skryftaal word langs hierdie weg duidelik geillustreer.
Die feit dat elke balladeteks van ’n volledige melodielyn (en kitaardrukke) voorsien, en met bykomende agtergrondinligting toegelig word, maak dit meer as ’n statiese leeservaring: Lesers sal sommer wil saamneurie met ou bekende deuntjies soos ”Ou tante Koba”Ě en ”Een aand op ’n trein na Pretoria” en ”Die kat kom weer” - terwyl amper vergete kultuurskatte soos ”Die jonge Dupree”, ”Skoon Isabel‚” en “Amakeia” terselfdertyd vir die nageslag behoue bly

 

Bo     Tuis_2

Pieter W Grobbelaar Wensfontein Afrikaanse boeke kinderboeke Gr

Wensfontein
oorvertel deur Pieter W Grobbelaar
Illustrasies deur Lize Groenewald

1986 uitgegee deur Human & Rousseau

Afgesien van besondere figure soos UilspieŽ en die Swape rondom wie hele siklusse verhale ontstaan het, speel mense ook ‘n hoofrol in ‘n hele reeks ander Afrikaanse sprokies. Hier vind ons dat wÍreldberoemde verhale bv. “Wat die ou man dien, is altyd reg” of “die drie wense”, ook by ons vertellers aanklank gevind het en op hul eie, besonderse manier oorgelewer is.

Veral interessant is die vertellings (meer as die helfte in die versameling) wat onder ons mense self ontstaan het. Dit is vertellings soos “Duimeling”. “Boer en sy viskneg” en “ Die dansende mier” asook die hele siklus rondom dokter Jager, die man wat dieretaal kon praat.

Hierdie bundel sprokies is op ‘n fris en lewendige wyse oorvertel deur ‘n kenner op die gebied van Afrikaanse volksverhaal, en met uitbundige lyntekeninge geillustreer deur Lize Groenewald.

Bo     Tuis_2

Koop boek by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Stuur e-pos - kliek hier

Bo     Tuis_2Tuis_2

 

Pieter W Grobbelaar Kommandeer Kommandeer volksang Anglo boereoorlog

Kommandeer! Kommandeer!, Volksang uit die Anglo-Boereoorlog
1999 uitgegee deur J.P. van der Walt

Samesteller was Pieter W Grobbelaar

 

Bo     Tuis_2

Pieter W Grobbelaar dr dinkel van die oukaap Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W

Dokter Dinkel van die Ou-Kaap
Samesteller was Pieter W Grobbelaar

Bo     Tuis_2

Koop boek by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Stuur e-pos - kliek hier

Bo     Tuis_2

Pieter W Grobbelaar doer-in-dierlandy kinderboeke stories kinders

Doer in Doerielandy
Samesteller was Pieter W Grobbelaar
tekeninge deur Alida Bothma
(ook verantwoordelik vir die Huppelkind omnibus se sketse)

‘n Versameling sprokies uit diereland met wilde diere, voŽls, insekte, en vele meer wat die rolle vertolk. Pieter W Grobbelaar is ’n outoriteit op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal en vertel - dit boeiend en lewendig oor. Alida Bothma se uitgelate en humoristiese lyntekeninge dra by tot die leesplesier wat hierdie versameling aan oud en jonk sal verskaf. 

Bo     Tuis_2

Koop boek by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Stuur e-pos - kliek hier

Bo     Tuis_2

Pieter W Grobbelaar Ou Mikai vertel hoe die melkweg sy vuur gekry het   Pieter W Grobbelaar Ou Mika22 agterblad sprokie kinder boeke

Ou Mi'kai vertel: hoe die melkweg sy vuur gekry
Samesteller was Pieter W Grobbelaar
Tekeninge deur Townley Johnson
1963 uitgegee asook her-uitgawes

 

 

Pieter W Grobbelaar Die LElikste padda  Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W sprokies

Die lelikste padda
Samesteller was Pieter W Grobbelaar
1966 uitgawe

 

Bo     Tuis_2

Koop boek by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Stuur e-pos - kliek hier

Bo     Tuis_2

Pieter W Grobbelaar LANGKAPPIE is haar naam Afrikaanse boeke ki

Langkappie is haar naam.
Deur Pieter W Grobbelaar

 

Pieter W Grobbelaar HANS die geluksoeker kinderboek1

Hans die geluksoeker
Pieter W Grobbelaar
illustrasies deur Jo van Kampen

 

Bo     Tuis_2

Koop boek by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)
Tel 012 567 2522 (Magalieskruin)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Stuur e-pos - kliek hier

Bo     Tuis_2

 

Pieter W Grobbelaar DIE WIT pyl Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W

Die wit pyl
Illustrasies deur John van Reenen (Springbok-diskusgooier)
ook Troue in die poppekas gedoen
saamgestel / geskryf deur Pieter W Grobbelaar
Jaar van uitgawe nie aangedui nie

Pieter W Grobbelaar PInkie Afrikaanse boeke kinderboeke Grobbelaar PIETER W

Pinkie
geskryf deur Pieter W Grobbelaar

 Lank, lank gelede het daar ver in die Onderveld ‘n boer gewoon. Hy het ‘n mannetjie in diens gehad wat niks groter as sy kleinvinger was nie. Daarom het almal hom Pinkie genoem.

 

Pieter W Grobbelaar Pietie Petronella Afrikaanse boeke kinderbo

Pietie Petronella
‘n Ware verhaal van ‘n RÍrige voŽl
Piter W Grobbelaar
Illustrasies deur Hettie Saaiman
Daan Retief Uitgewers

 

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015