"Elsa Briel het haar jongmeisiedae in die Bosveld deurgebring en ook haar droomman daar ontmoet. Sy skryf oor haar bekende omgewing en daarom speel die meeste van haar romans af teen hierdie agtegrond.

Sy is die moeder van een dogter en vyf seuns. Die onderskeie romanses wat haar kinders beleef het, het sy almal in haar boeke vervat. Sy luister graag na musiek en bespeel self die klavier en die trekklavier. Verder is sy 'n geswore romantikus en sien in elke situasie wat sy tekom, interessante stof vir 'n liefdesroman. Elsa poog om haar verhale spannend te hou en gelukkig te laat eindig.
 

Dit is duidelik dat die appel nie ver van die boom geval het nie, want dis haar wens om aan te hou skryf sodat sy haar moeder, Ella Eloff-van der Walt, se getal van twee-en-twintig romans kan ewenaar."
 

 

Liefdesromans / boeke deur Elsa Briel sluit in:

  1. Laaste legkaartstuk, 2001 en 2005. Liefdesroman deur Elsa Briel. Lapa uitgewers
  2. Liefde met rente. Liefdesroman deur Elsa Briel.
  3. n Plaasvoorman vir Paradys. Eerste druk 1997. Liefdesroman deur Elsa Briel. Lapa uitgewers
  4. Nagrit, 2007. Liefdesroman deur Elsa Briel. Lapa uitgewers
  5. Ontmoeting in Turkye. Liefdesroman deur Elsa Briel. Lapa uitgewers
  6. Skaduwees van gister, 1997. Debuutroman deur Elsa Briel. uitgegee deur JP van der Walt en seuns

 

 

 

Bo     Tuis_2 

Laaste legkaartstuk
liefdesroman deur ELSA BRIEL
2005 uitgegee

Joanie, ’n aangenome kind, het haar voorgeneem om nooit te trou nie, omdat sy niks weet van haar herkoms nie. Toe word sy deur die liefde oorrompel... 

Briel ELSA Skaduwees van gister liefdesverhale boeke

Skaduwees van gister
liefdesroman deur ELSA BRIEL
DEBUUT roman
1997 uitgegee
Opgedra aan haar moeder,  Ella van der Walt

Zani Brink is nie net mooi nie - sy is beeldskoon. Daarby is sy intelligent, hardwerkend en simpatiek teenoor haar medemens. Dat sy op een en dertig nog nie getroud is nie, is dus vir almal ‘n raaisel. Net sy weet van die volmaakte liefde in haar lewe wat oornag doodgeloop het; haar liefde vir Emile Bromley wat sy moes prysgee.

Toe haar jeugliefde, Wilmar van Aarde, haar die jawoord vra, besluit sy om haar lewe aan hom te wy. Daar is tog geen kans dat haar pad ooit weer met Emile s’n sal kruis nie! Of is daar?

Bo     Tuis_2 

briel_Elsa ontmoeting in Turkye liefdesroman boeke

Ontmoeting in Turkye
liefdesroman deur ELSA BRIEL

"Nanda se droomman moet musiek in sy gene h. Wie gaan haar hart wen? Paul, haar dierbare kollega by die skool se musiekdepartement, of die Turk Henrico wat die  Hongaarse Rapsodie met soveel gevoel speel?"

briel_elsa nagrit

Nagrit
liefdesroman deur ELSA BRIEL

"Carmen se droom word bewaarheid om op 'n wildplaas te gaan werk. Die jaloerse Ingrid maak egter haar lewe 'n nagmerrie omdat Ludwig meer in Carmen belangstel as in haar..." -LAPA UITGEWERS

Briel_elsa n Plaasvoorman vir Paradys

n Plaasvoorman vir Paradys
liefdesroman deur ELSA BRIEL

Bo     Tuis_2 

Briel ELSA Liefde met rente liefdesverhale boeke

Liefde met rente
liefdesroman deur ELSA BRIEL

Tanya kyk met wrewel na die man op die voorblad van die koerant. haar oog vang die opskrif : Bekende sanger slaan hoofrol in sepie los. Nog net so duiwels aantreklik soos altyd. Sy donker o tart haar, die skewe glimlag nooi haar uit...

Tanya haat hom. As sy hom nooit weer sien nie, is dit te gou. Sy verwens die dag toe sy Tom Tredoux ontmoet het. Hy het haar net gebruik, haar drome verpletter, haar omgekrap, ontspoor, gesmokkel met haar kop, haar laat vergeet wie sy is... En as hy dink hy kan ewe kalm voor haar deur opdaag en maak afof niks gebeur het nie, sit hy die pot mis. Hy sal hom wat verbeel! Haar lewe is net besig om weer koers te rky; sy kan die wreld weer in die o kyk en haar sangloopbaan hervat. Sy het nie ‘n man nodig nie. Veral nie ‘n man soos Tom nie...

Bo     Tuis_2 

Bestel boeke - kliek hier

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 567 2522 (Magalieskruin)
Tel 012 807 2710 (Equestria)

 

Lees ook ander liefdesromans van Tryna du Toit

Lees ook ander liefdesromans van Lien Roux de Jager

Bo     Tuis_2 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015