Chris Barnard -skrywer

Oor die outeur

Die veelbekroonde skrywer, Chris Barnard , is 15 Julie 1939 gebore op Mataffin in die Nelspruit omgewing. Sy pa was ‘n sitrusboer en sy ma ‘n gefrustreerde huisvrou wat afleiding in die tuin gekry het. Ons kandus  ‘n gevolgtrekking maak, dat sy behoefte om dinge plant en te sien groei, van sy ouers verkry was. Hy matrikuleer in 1957 aan die Hoërskool Nelspruit.

Alhoewel sy aanlegtoetse die teendeel bewys het, het hy by die universiteit van Pretoria gaan inskryf vir Afrikaans, Engels en Frans en ’n paar ander vakke soos onder andere, Kunsgeskiedenis. Alhoewel hy teen sy derdejaar reeds al sy taalvakke sleep, behalwe Afrikaans, het hy egter op die stadium alreeds sy droom begin bewaarheid, aangesien hy reeds die redakteur van die joolblad, die literere jaarblad, die eerstejaarsgidsblad, asook ander blaaie. Nadat hy sy BA graad behaal het, word hy ’n joernalis. Hy het begin werk by koerante en tydskrifte soos Die Vaderland, Dagbreek, Sondagnuus, Die Brandwag (almal reeds gesneuwel) en die nog bestaande, Huisgenoot. Daarna was hy 'n tyd lank ook uitgewer en sedert 1978 was hy in die filmbedryf.

Hy trou in 1962 en die huwelik bring 3 seuns, Johan, Stephan en Tian voort, waarop hy baie trots is. Sy tweede huwelik met Katinka Heyns, bring ’n seun en trots, Simon, voort.

Sy tweede huwelik bring 'n nuwe loopbaan mee as draaiboekskrywer en filmvervaardiger. Hy sê dit is vir enige draaiboekskrywer op aarde 'n merkwaardige voorreg om elke aand saam met sy regisseur te kan bad. Na ‘n loopbaan in die stad woon hulle deeasdae weer op die plaas Thulani,met baie lemoene en makadamianeute, wat hy vir 'n appel en 'n ei bekom het net sowat sewe kilometer van my geboorteplek af.

Sommige van die pryse waarmee hy bekroon is:

Publikasies sluit onder meer die volgende in: 

1961 : Bekende onrus
1961 : Die houtbeeld
1962 : Boela van die blouwater
1963 : Man in die middel
1964 : Dwaal
1964 : Pa, maak vir my 'n vlieër, Pa
1965 : Die swanesang van Majoor Sommer ,
1968 : Duiwel-in-die-bos  
1970 : 'n Stasie in die niet  
1971 : Mahala 
1971 : Die rebellie van Lafras Verwey
1972 : Chriskras
1974 : Danda
1975 : Op die pad na Acapulco
1975 : Iemand om voor nag te sê
1976 : Chriskras - 'n tweede keur
1977 : 'n Man met vakansie
1977 : Taraboemdery
1977 : Danda op Oudeur  
1982 : Piet-my-vrou & Nagspel
1985 : So onder deur die maan
1987 : Voetpad na Vergelegen
1992 : Moerland
1998 : Paljas & Die storie van Klara Viljee
1999 : Boendoe

chrisbarnard-boelavandie_blouwater

Boela van die BlouwaterChris Barnard

Hierdie is ’n jeugverhaal wat afspeel op ’n klein vissersdorpie, Oestermond. Die milieu is die see en sy mense - geharde vissers soos Oukoos en Sollie, Krisjan Klok en natuurlik die jong Boela.

Die skrywer het ’n besondere tema gekies waarin kleurvolle en interessante karakters die hoofkarakters is; elkeen oortuigend geteken in situasies wat lewensgetrou en dramaties beskryf word.

Die lewser leer die innerlike lewe ken van hierdie visserseun, Boela, wat vasgegroei staan in sy omgewing. Hy leef werklik voor die geestesoog en ontluik gaandeweg in ’n sewentienjarige seun met tipiese sentiwiteit wat hy immer probeer onderdruk. Sy liefde vir Nonnie, die kroegman se dogter, wat hy liewer met dade as met woorde probeer bewys, is skoon en opreg.

Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Oukoos wat so graag ’n seun wou hê op wie hy trots kan wees. Tussen Boela en Oukoos heers daar ’n mooi en innige verstandhouding wat vir albei ’n soort sin gee in die lewe.

 

 

Die swanesang van majoor

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015