Verskeie van Jacques Andres se boeke speel in die woestyn af, maar neem ons ook terug na die dae in die sewentiende-eeuse Kaap met sy romantiese geskiedenis.

Boeke van Jacques Andrs in jaar van uitgawe sorteer:

 

Jacques_Andres-_Nina_Die_nimf_en_die_kaptein_liefdesverhaal

Nina - Die nimf en die kaptein
Kaapseverhaal deur Jacques Andrs
Nina-trilogie (Boek 1 in die NINA-reeks)

Toe Leo van Ronk later by die voetenend van haar bed staan, word sy wakker en l roerloos na die plafon en staar. 
“Meisie”,s hy naderhand saggies. ”Meisie” 
“Wie is u? “ Pleitend. ‘n Verlore stemmetjie uit die buitenste donker. 
Sy kyk hom lank en deurdringend aan; skud verslae haar kop.
Kerm: “Nee, M’sieur, ek ken u nie. A moi”

Toe draai sy haar gesig in die kussing en Van Ronk loop magteloos na buite. Die blonde meisie met die blou o, wat soos ‘n orkaan in sy lewe gekom het ... wie is sy? Waarom vlug sy? Waarom stuur hulle skurke om haar te ontvoer? Hoe het hulle haar mishandel?

Leo van Ronk is vasberade om haar identiteit vas te stel en sy soektog neem hom na Frankryk, waar hy swaarde kruis met gewetenlose aristokrate, wat om een of ander rede die beeldskone meisie in sy sorg, gevange wil neem.

Hierdie is ‘n Kaapse verhaal deur die gewilde Jacques Andrs. Die Nina trilogie -met die eerste boek-”Nina - Die Nimf en die Kaptein”  neem ons terug na vervlo dae in die sewentiende-eeuse Kaap met sy romantiese geskiedenis.

Lees nog ander boeke met seerowers en ontdekkings - kliek hier

Let daarop dat die boeke hier bespreek, uit druk is.

Indien u dit sou wou aankoop is u welkom om LIZMARboeke - met takke in Pretoria, te kontak

Equestria venster klein      Lizmar books Lizmar boeke Monumentpark Africana  kleinLizmarboeke - Equestria-tak                                 Lizmarboeke - Monumentpark-tak
Tel: 012 807 2710                                    Tel : 012 346 6738

Bo  Tuis_2

Jacques_Andres-_Nina_En_die_sjeik_oukaapseverhaal liefdesverhaal

Nina En die sjeik
Kaapseverhaal deur Jacques Andrs
Nina-trilogie (Boek 2 in die NINA-reeks)

Ibn el Hakam staan nadenkend teen die lug en opkyk. ”Waarom moet mense klein wees en haat en wraak neem?”

Hy antwoord of spreek Nina nie te nie. Dit gee haar moed. Dan s hy verder: ”Ek is gewoonlik hier of saam met Kahena. As dit waar is wat u s, hoef u nie bang te wees nie. Ek sal haar altyd oortuig en oorreed. En Hadji, haar raadgewer, is u ook goedgesind. Hy wys in die rigting van die dronk wag wat nou duidelik sigbaar word in die komende dag en, blykbaar om haar gedagtes van haar probleem weg te lei, s hy laggend: “Daar is iemand wat bang behoort te wees. Kahena duld nie onbekwaamheid en pligsversuim nie.”

Nina voel skielik swak na die brekende spanning en, toe sy haar kom kry, snik sy in haar hande. Die afgelope nag het te veel gevra. En onmiddellik voel sy ’n arm om haar gaan en die digter se stem kIink soos ou bekende musiek wat tog ook maar net half bekend is. Weer eens leun sy teen sy bors en sy voel sy lippe op haar hare en op haar wang

Nina het alleen in Algeri haar vermiste moeder gaan soek en Leo van Ronk het in die Kaap agtergebly ” hy weet dat sy nooit werklik aan hom sal behoort alvorens sy haar moeder gevind het nie. Maar sou hy haar laat gaan het as hy geweet het watter avonture, wreedhede en hartstog in die vreemde op haar wag?

Bo  Tuis_2

Jacques_Andres-_Nina_Die_slavin_oukaapseverhaal liefdesverhaal

Nina - Die slavin
Kaapseverhaal deur Jacques Andrs
Nina-trilogie (Boek 3 in die NINA-reeks)

Uiteindelik het hulle die lyke van die jongmanne wat agtergebly het om Nina en die ander jongmeisies te bewaak, byeengebring. Maar geen enkele vrou kan opgespoor word nie. 
“Insj”Allah,” s die lmrad gelate. 
Nina se twee slawe is vaal-verslae. 
lbn el Hakam bid in sy hart. Vrou van die vreemde, moenie wanhoop nie. Ek sal jou soek tot aan die eindes van die aarde.

En asof in antwoord op sy bede, kom Edlejeh van bo van die noordelike hang en l ‘n voorwerp in lbn se hand. “Groot Sjeik, dis van die meesteres. Dit hang aan ’n doringbos daarbo.”

Op Ibn se handpaltm l ’n stukkie doek wat halfpad deur ’n ring getrek is...’n hemelsblou akwamarynsteen gemonteer in ’n dubbele goue band. Die doek . . . ’n uitgeskeurde hoek van ‘n lap. En op die stuk doek is onhandige letters aangebring met kohl wat vir die grimering van die o bedoel is: ”Ontvoer. . . Nina.”

Die feit dat sy die boodskap deur middel van haar moeder se ring oordra, beklemtoon vir Ibn haar gemoeds toestand. Iets soos ’n laaste wanhoopspoging.

Nina weggevoer as slavin. Verskillende mense wat na haar soek. Ibn el Hakam, die Sjeik, Leo van Ronk, die man wat sy in die Kaap agtergelaat het en ook die bose comte Colbert de Sevign©, war haar wil vermoor. Erens in die onherbergsame sandwildernis van die Sahara moet hulle haar vind . . . maar sal hulle betyds wees voordat die comre haar kan vernierig?

Nina Die Slavin - spannend en aangrypend - is die derde boek in Jacques Andrs se Nina-reeks / Nina trilogie.

Bo  Tuis_2

Lees ook ander boeke / verhale wat in die ou Kaapse dae afspeel

Lees ook verhale deur Madelein Kelsey

lees ook verhale deur C.F. Beyers-Boshoff

Lees ook Gerrie Radlof se Buiter-reeks

Bo  Tuis_2

Let daarop dat die boeke hier bespreek, uit druk is.

Indien u dit sou wou aankoop is u welkom om LIZMARboeke - met takke in Pretoria, te kontak

Bo  Tuis_2

Jacques_Andres-_as_die_kavalier_bemin_loukaapseverhaal iefdesverhaal

As die kavalier bemin
geskryf deur Jacques Andrs

Met ’n “Ha!™ asof hy el toro tart, spring don Tenorio rats na links en stamp in dieselfde beweging die loop weg en na onder. Die slag van die geweerskoot ruk die roer byna uit die groot hand uit en lood- en klipskerwe snerp deur die struike.

Toe slaan Tenorio hom met die linkervuis net agter onder die oor. Die groot vent se oë word glasig, maar hy bly op sy voete en spring agteruit. Sy aanvaller volg egter te vinnig op. Dit voel asof ‘n muil hom in die wind skop.

Vrees flikker in die skreefogies. Hy struikel oor ‘n klip. Tenorio is onmiddellik by en slaan twee vinnige houe, een weer skuins onder die oor. Dit laat die dikke oor ‘n volgende klip val.

Waar hy op sy rug lê en die los tande met sy tong voel, kyk hy op in Tenorio se gesig. Dan volg sy oë Tenorio se hand wat een pistool bale stadig uit die lyf band trek. 
“Ek gaan jou skiet, Boepens. Maar voordat ek skiet: vir wie doen jy hierdie vuil werk?” 
Stoppelbaard se tong gly oor sy vlesige lippe. 
 “Jy en jou maat?” 
‘n Stom stilte. 
“Goed. Moenie sê ek het jou nie ‘n kans gegee nie.” Die pistoolloop lig meedoënloos totdat die gapende loop soos ‘n ronde oog vir hom kyk. ‘Ek tel vyf. Een. . twee 
Die bebaarde kakebeen begin ruk. 
‘Drie... 
“Nee!” Dit skeur hees deur sy keel. “Ek....ek weet nie. Ek. 
“Vier.. 
“Ek sal praat. Ek wou nie, maar mijnheer Ri-” 
Sy liggaam ruk saam met die geweerskoot. 
Die kavalier is don Ricardo Tenorio y Silvestre, gewild onder die setlaars en bemind onder die jong meisies... maar vir vele ‘die uitlander™ ” die Spanjaard wat sake vir hulle kom omkrap.

Bo  Tuis_2

 

Let daarop dat die boeke hier bespreek, uit druk is.

Indien u dit sou wou aankoop is u welkom om LIZMARboeke - met takke in Pretoria, te kontak

Tel 012 346 6738 of 012 567 25 22 of 012 807 2710

 

Bo  Tuis_2

AAA boekmerk final
AAA boekmerk final
AAA boekmerk final
AAA boekmerk final
AAA boekmerk final
Logo - nuwe webtuiste 2015

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale