Boeke van A.L Albertyn sluit in:

ALBERTYN AL - Kapkar in die nag boeke Afrikaans goud 2de vryheidsoorlog

Die kapkar in die nag

is ‘n verhaal geskryf deur A.L Albertyn en speel af tydens die Tweede Vryheidsoorlog

Op die hoofpad na die noorde spoed ‘n toe kapkar in die stile van die nag voort. Die twee passasiers se oŽ soek onrustig in alle rigtings rond want hulle vervoer ‘n baie waardevolle geheime vrag...

Net voor die val van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog is na bewering groot hoeveelhede goud uit die Munt verwyder en elders versteek om te verhoed dat dit in die hande van die vyand beland.

Teen hierdie agtergrond het A.L. Albertyn ‘n interessante verhaal vertel.

Koos van Rensburg van ‘n vername amptenaar van die Munt en was die man wat moes toesig hou  oor die verwydering en begrawing van die goud. Hy het gevolglik meer van die saak af geweet as enigiemand anders. Toe verdwyn Koos van Rensburg skoonveld ... en die geheim word tergender.

lees ook verhale van Gerrie Radloff - Die BUITER-reeks

blank boek Afrikaanse

‘n Volk se erfenis
-  geskryf deur A.L Albertyn en verwerk deur Danie Stegman - 1952 uitgawe,

Die boek is in storievorm en begin met die laaste jaar van die anglo-Boere Oorlog tot en met na die Rebellie van 1914. Dit handel oor 'n oorlog weeskind dogtertjie wat deur haar Oom en Tannie grootgemaak word op haar erfplaas en war sy 'n ene Andries Pretoruis ontmoet. Net toe die liefde begin vlam, breek die Rebellie uit en Andries sluit aan by Genl. de Wet se kommando en die boek vertel die verhaal verder uit die oogpunt van die vroue wat tuis bly en na die boerderye omsien terwyl die manne veg. Die angs van bekommernis asook die woede en veragting van die buurman wat aan die regeringsmagte se kant aktief deelneem.

Die verhaal is baie maklik leesbaar en beslis 'n goeie boek om op 'n meer menslike en onspannende wyse nader kennis te maak met die gebeure tydens die Rebellie. Die historiese feite is korrek, maar goed ingeweef by die storielyn. Baie in die trant van F.A.Venter se '-lande' reeks.

Tuis_2

 

AAA boekmerk final
Logo - nuwe webtuiste 2015

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale