Alhoewel Wilna Afriaanse in Worcester grootgeword het en in 1976 aan die Worcester hoŽrspool gematrikuleer het, is sy op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Na matriek het Wilna twe grade, ‘n BA en BA Honeurs in Sosiologie en ontwikkeling Administrasie aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.

1981 het die huweliksklokkies gelui toe sy met Deon Adriaanse in die huwelik getree het. Vir byne drie jaar het hulle op Gyani in Limpopo gebly waarna hulle in 1985 na die Durbanville in die Suid-Kaap verhuis het. Vir die volgende vier jaar het sy tyd spandeer en ‘n graad in Sielkunde deur UNISA te voltooi.

Wilna Adriaanse het ook vier liefdesverhale onder ‘n skuilaam, Wilmine Burger, geskryf.

 Lys van boeke/ liefdesverhale deur Wilna Adriaanse - in jaar van uitgawe

  1. 2001: ‘n Ongewone belegging, Wilna Adriaanse, Jasmyn
  2. 2002: Alleenvlug, Wilna Adriaanse, Jasmyn
  3. 2003: Die reuk van verlange, Wilna Adriaanse, Jasmyn
  4. 2004: Serenade vir n nagtegaal, Wilna Adriaanse, Jasmyn
  5. 2004: Rebecca, Wilna Adriaanse, Tafelberg
  6. 2005: Hande wat heelmaak, Wilna Adriaanse, Hartklop
  7. 2006: Met ander woorde, Wilna Adriaanse, Tafelberg
  8. 2008: Die boek van Ester, Wilna Adriaanse, Tafelberg
  9. 2010: Vier seisoene kind, Wilna Adriaanse,Tafelberg
  10. 2012: 'n Klein lewe, Wilna Adriaanse, Tafelberg
  11. 2014: Dubbelspel, Wilna Adriaanse, Tafelberg

Lys van boeke geskryf deur Wilna Adriaanse in alfabetiese volgorde:

  1. Alleenvlug, geskryf deur Wilna Adriaanse
  2. Die boek van Ester, geskryf deur Wilna Adriaanse
  3. Die reuk van verlange, geskryf deur Wilna Adriaanse
  4. Dubbelspel, geskryf deur Wilna Adriaanse
  5. Hande wat heelmaak, geskryf deur Wilna Adriaanse
  6. Met ander woorde, geskryf deur Wilna Adriaanse
  7. 'n Klein lewe, geskryf deur Wilna Adriaanse
  8. ‘n Ongewone belegging, geskryf deur Wilna Adriaanse
  9. Rebecca, geskryf deur Wilna Adriaanse
  10. Serenade vir ‘n nagtegaal, geskryf deur Wilna Adriaanse
  11. Vier seisoene kind, geskryf deur Wilna Adriaanse

Boeke as Wilmine Burger uitgegee in jaar van uitgawe

2001 -  Die wingerd sal weer bot,(Lapa Uitgewers)
2002 - ‘n Heildronk op die liefde, (Lapa Uitgewers)
2002 - Liefde is ’n kleur, (Lapa Uitgewers)
2004 - Brug van woorde, (Lapa Uitgewers)

Boeke as Wilmine Burger uitgegee in alfabetiese volgorde

  1. Brug van woorde,geskryf deur Wilna Adriaanse onder skuilnaam Wilmine Burger
  2. Die wingerd sal weer bot,geskryf deur Wilna Adriaanse onder skuilnaam Wilmine Burger
  3. Liefde is ’n kleur,,geskryf deur Wilna Adriaanse onder skuilnaam Wilmine Burger
  4. ‘n Heildronk op die liefde,geskryf deur Wilna Adriaanse onder skuilnaam Wilmine Burger

 

Omnibusse

Bo  Tuis_2

 

Wilna Adriaanse vier seisoene kind liefdesverhaal romans Wilna Adriaanse

Vier seisoene kind, liefdesroman geskryf deur Wilna Adriaanse

Meer oor die inhoud van Vier Seisoene kind....

Weduwee is ’n verdrietige woord, ‘n toestand waarmee Cato haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ‘n skamele drie jaar na hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Helen en Marcus net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk.
In Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink- teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om ‘n onderneming te koop, weet sy nie, en wens dit was net ‘n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sÍ daar bestaan nie iets soos beter dae nie...

Addisionele inligting

Wilna se boek, ”Vier seisoene kind” (uitgegee deur Tafelberg) het Vrydagaand 6 September 2011 op ’n geselligheid buite Stellenbosch, ‘n ATKV-Woordveertjie ontvang, toe dit aangewys is as die beste Liefdesroman.

Die beoordelaars was Leti Kleyn, Elize Parker en Ilse Salzwedel. Die beoordelaars is van mening dat dit nie ‚Ä™n tree hoef terug te staan vir internasionale werk in diť genre nie.

 

Bo  Tuis_2

 

n klein_lewe_klein Wilna Adriaanse liefdesverhale romanse Wilna adriaanse

n Klein lewe - geskryf deur Wilna Adriaanse

Wilna het haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns onder leiding van prof. Etienne van Heerden by die Universiteit van Kaapstad verwerf. Die boek wat sy vir hierdie kursus voltooi het, “’n Klein lewe” , was vroeg in Junie 2011 vrygestel.

Iets meer oor die inhoud van die boek....

Selfs die vinke en die versamelvoŽls knoop tog Írens daardie eerste halm vas. Hoe anders gaan hulle die res van die vlegwerk gedoen kry? Sy was deur die jare dikwels die stil toeskouer in haar tuin wanneer die bouproses begin. Maar dis nie so maklik nie, kom sy agter, terwyl haar gedagtes heen en weer fladder. Daar is soveel gevare om in te reken. Die slinkse boomslang wat graag sy lÍ in die holte van die nes kom kry en die eiers opvreet as sy nie oppas nie. Of die koekoek wat haar eiers in die nes sal kom lÍ en daar los om uitgebroei te word. Om nie te praat van die wind en die weer se aanslag nie. Die slimmes kies stewige takke, het sy al agtergekom.

Volgens oorlewering kies ’n kind sy of haar ouers. Sy hou nogal van daardie gedagte, maar seker ook net omdat sy reg gekies het. Praat van stewige takke. Haar mense was nie tolbosse nie.

Jy is nie objektief nie, hoor sy al die beskuldigings.

Ek is met donkermaan gebore, sal sy antwoord. En donkermaan is simbolies van subjektiwiteit.

Sy beny soms diť wat met die volmaan gekom het, maar dit sal sy nie sÍ nie.

Daar sal gevra word of sy die nodige insig het. Of ‘n skrywer noodwendig haar eie storie beter verstaan? Sy wonder of hulle begrip sal hÍ as sy sÍ op haar ouderdom is jy hoogstens ’ėn karakter in jou eie storie. Een met geen vooraf kennis en weinig insig. Soms huppelend agter die storie aan, ander kere sleepvoet agterna. Die storie altyd ‘n kortkop voor.

Dis soos Totius se gedig, Pa,waar hy vertel vandie wag-’n-bietjie langs die pad, daar tussen die skaarsbeblaarde soetdorings. Lowergroen en blink van blad.En wil ek in die blare gryp of aan die takke breek, dan tas ek in ’n doringneswat vreeslik haak en steek.

Haar pa knik. En tog sal jy die begin maar so saam met die donkermaan aan Vytjie se kopdoek moet vasknoop.

Sal julle my vertel?

Haar ma se blou oŽ met die kunslense blink in die sonlig.

Waarom wil jy dit doen? Haar pa se blik rus op die hoÍ muur met die lemmetjiesdraad op wat al om die aftreeoord strek.

Die kinders wil landuit, Pa. Sommer so met ’n rugsak en ’n vliegkaartjie sonder terugkomdatum. En oor die stemme wat dreig om my te vervreem. Wat vra hoe leef ek met my wit vel in hierdie vreemde plek.

Sy hande met die krom vingers raak-raak aan haar ma s’n en dis asof die oumensvlekke ligter word.

Net tot daar waar jou onthou ’n eie knoop kan maak.

 

Bo  Tuis_2

 

Wilna Adriaanse Dubbelspel Wilna Adriaanse romanse Wilna Adriaanse

Dubbelspel - boek geskryf deur Wilna Adriaanse
 is in hardekopie sowel as E-boek beskikbaar.

Meer oor die inhoud van Dubbelspel...

Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor n politieke bestel of n reŽnboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wÍreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesÍ het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesÍ dis ‘n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

Bo  Tuis_2

Logo - nuwe webtuiste 2015

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale