1. Thomas@MOORD.net - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  2. Thomas@SKERPIOEN.net - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  3. Thomas@AQUA.net - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  4. Thomas@SMS.net - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  5. Thomas@NAGMERRIE.net - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  6. Thomas@AKSIE.net  - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  7. Thomas@GERAAMTE.net is die sewende boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds sowat 80 000 kopiee verkoop het.
  8. Thomas@ROCK-STER.net  - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
  9. Thomas@VREES.net  - tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo

Thomas@.net Carina diedericks_hugo

Thomas@MOORD.net
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers,

Dit spook in Thomas-hulle se nuwe huis! Hy hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Met die hulp van sy vriende, Hannes en Alex, en `n paar soektogte op die Internet, slaag Thomas daarin om die raaisel rondom `n moord wat `n eeu vantevore in hulle huis plaasgevind het, op te los. `n Spanningsverhaal wat jong lesers behoorlik sal laat naels kou!

Bo7   Tuis_2

Bestel die boeke - kliek hier

of Tel : 012 346 6738 / 012 807 2710 / 012 567 2522

 

Thomas@skerpioen.net Carina diedericks_hugo

Thomas@SKERPIOEN.net
tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo

Thomas en Hannes kan nie wag om die nuwe rekenaarspeletjie te toets wat Harry van die Cyber Tiger internet-kafee vir hulle gegee het nie. Wanneer `n skerpioen en rye en rye syfers skielik in die middel van die speletjie op die rekenaarskerm verskyn, vermoed Thomas-hulle dat daar iets snaaks aan die gang is. Hannes is vas oortuig dat dit `n massiewe rekenaarvirus is, maar Thomas dink dat Hannes se verbeelding alweer oortyd werk.

Bo7   Tuis_2

 

Thomas@auqa.net Carina diedericks_hugo

Thomas@ Aqua.net
Carina Diedericks-Hugo

Die toetsreeks is verby en `n wonderlike langnaweek by die see lê vir Thomas-hulle voor. Maar dan begin dinge lelik skeefloop: Thomas ontdek `n deurtjie in die vloer van hulle strandhuis wat reguit lei na die skuilplek van die gevaarlike perlemoensmokkelaar, Sharky Fortuin; sy beste vriend, Hannes, gedra hom skielik soos `n alien en hy betrap vir Alexandra en Lukas saam op `n afgeleë plek tussen die rotse - en dit terwyl Lukas weet dat Thomas mal is oor haar!

Dan is daar ook nog Bianca, die blonde meisie wat Thomas in die grot onder die huis ontmoet het. Sy vriende dink hy is koekies of dat sy verbeelding oortyd werk, maar hy wéét dat hy haar gesien en met haar gepraat het. Soos met die vorige twee boeke in die reeks, sal lesers Thomas@aqua.net nie kan neersit nie

 

Bo7   Tuis_2

Bestel die boeke - kliek hier

of Tel : 012 346 6738 / 012 807 2710 / 012 567 2522

 

 

Thomas@sms.net Carina diedericks_hugo  Thomas@sms.net no2 Carina diedericks_hugo

Thomas@SMS.NET
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers,

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes ’n nagmerrie-ondervinding in ’n hyser en dan word hy vir ‘n week lank geskors omdat hy die ou drel van ’n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir ’n week lank gehok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop - sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie - die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin ‘n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie!

Bo7   Tuis_2

Thomas@nagmerries.net Carina diedericks_hugo

Thomas@NAGMERRIE.net
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers,

Dinge is in rep en roer oor die nuwe meisie in Thomas-hulle se klas: die aantreklike sepiester Fleur Vermaak. Hannes is dadelik tot sy ore toe verlief op Fleur, maar dit lyk asof sy net oë het vir een ou - Thomas! En Thomas sal nie daarvan droom om vir Alex te verneuk nie, maar Fleur is darem wraggies mooi... Maar alles is nie pluis nie...Wie is die geheimsinnige man wat agter Fleur aan is? Waarom kry Thomas sulke vreemde nagmerries? En wat is die nare geheim van Bailey se Bos, die plek waar die graad neges gaan kamp?

Bestel die boeke - kliek hier

of Tel : 012 346 6738 / 012 807 2710 / 012 567 2522

 

Bo7   Tuis_2

  Thomas@aksie.net no 1 Carina diedericks_hugo    Thomas@aksie.net no 11 Carina diedericks_hugo   Thomas@aksie.net Carina diedericks_hugo

Thomas@AKSIE.net
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers, 2007

Almal is opgewonde oor Thomas se kans om ‘n sepiester te wees. Hy het immers ‘n rol gekry in DIE MALANS VAN MARTHAHEIM, die gewildste TV-reeks ooit! En sy medester is die aantreklike Fleur Vermaak.

Maar dis die minste van Thomas se probleme. Hy wonder hoe op aarde hy sy plek in die rugbyspan gaan behou, met Billy Fourie wat na hulle skool toe kom. Ek hy en Alex kry deesdae skaars tyd om te gesels.

Boonop begin allerlei vreemde dinge gebeur.... Iemand gooi ‘n baksteen deur Thomas-hulle se glas-skuifdeur. Die boodskap wat om die baksteen gedraai is, voorspel niks goed nie: BLY WEG VAN MALANS VAN MARTHAHEIM. JY’T NIKS DAAR VERLOOR NIE. En Thomas is seker hy het iemand by die grillerige TV-ateljee sien rondslui[....’n donker figuur met ‘n jas...

Bo7   Tuis_2

 

Thomas@geraamte.net  no 1Carina diedericks_hugo   Thomas@geraamte.net Carina diedericks_hugo

Thomas@GERAAMTE.net
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers,

Hierdie keer gaan Thomas-hulle op ’n rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig ’n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.

Bo7   Tuis_2

Bestel die boeke - kliek hier

of Tel : 012 346 6738 / 012 807 2710 / 012 567 2522

 

Thomas@rockster.net Carina diedericks_hugo

Thomas@rock-ster.net
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers,

Thomas se lewe suig harder as ’n stofsuier. Hy is kniediep in die moeilikheid omdat hy ’n leë koeldrankblikkie geskop het en dit per ongeluk die skoolhoof, meneer Volschenk, teen die kop getref het. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. En waar hy gewoonlik op sy pelle kan reken, laat hulle hom hierdie keer liederlik in die steek. Hannes, Lukas en Thabo begin ’n band – sonder om vir Thomas te sê of om hom in te sluit – en besluit om deel te neem aan die rock-kompetisie wat by Hoërskool Leeukop gehou word. Immers het Thomas sy meisie, Alex. Die enigste probleem is dat sy en Hannes skielik heeltemal te veel tyd in mekaar se geselskap spandeer. Wanneer die sepiester Fleur Vermaak weer haar verskyning in Thomas se lewe maak, begin dinge lelik skeef loop. Vir die eerste keer in sy lewe voel dit vir Thomas of nie eens ’n pizza hom weer gaan laat glimlag nie. Intussen lyk dit of Hannes-hulle se band nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen – selfs al beteken dit dat iemand kan seerkry

Bo7   Tuis_2

Thomas@vrees.net Carina diedericks_hugo

Thomas@VREES.NET
kinderboek /tienerboek geskryf deur Carina Diedericks-Hugo
LAPA uitgewers,

Iewers is moeilikheid aan die broei. Groot moeilikheid ... Nadat Thomas laat een aand ’n geheimsinnige gesprek afgeluister het, is hy doodseker sy pa is bang vir iets of iemand. Wie is die geheimsinnige Rus van wie hulle gepraat het? En waarom het Thomas en sy gesin skielik ekstra beskerming nodig? Asof dit nie genoeg is nie, moet Thomas en Hannes by die skool behoorlik bontstaan om uit die Marais-tweeling se pad te bly. Dit lyk of Flip en Jaap se vuiste deesdae weer jeuk. Thomas wens daar was iets wat hy kon doen, maar dis selfmoord om teen daardie twee te probeer baklei. Intussen sien almal uit na die Duitse skool se kermis. Thomas weet hy behoort opgewonde te wees oor die vooruitsig van ’n hele dag se pret saam met Alex, sy meisie, maar hy is verleë om sy vriende van sy vreemde fobie te vertel. Dinge neem egter ’n onverwagse wending en Thomas se ergste vrees word bewaarheid ...

Bo7   Tuis_2

Bestel die boeke - kliek hier

of Tel : 012 346 6738 / 012 807 2710 / 012 567 2522

 

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015