Die Taffy O’Neill reeks is geskryf deur Jack Hurter

Die reeks sluit is:

  1. Operasie afkap, geskryf deur Jack Hurter, 1967. ‘n grensoorlog verhaal.
  2. Uit die noorde, geskryf deur Jack Hurter, 1967. ‘n grensoorlog verhaal.

HURTER_Jack_uit_die_noorde_Taffy ONeill

Uit die Noorde
boek geskryf deur Jack Hurter
’n majoor Taffy O’Neill verhaal
‘n grensoorlog verhaal.

Uit die noorde sou die terroriste in hul honderdtalle die gebied van Suidwes-Afrika binnestroom. Hulle sou roof, moor en brandstig totdat Suid-Afrika verplig sou wees om soldate in die stryd te werp. Dit sou die pad oopmaak vir ’n luidkeelse en volgehoue protes in die Verenigde Volke.

Maar die beplanners van hierdie set het vergeet dat die Suid-Afrikaanse Polisie beskik het oor die Rofskofte van O’Neill: daardie ervare groep guerilla-vegters wat die terroriste reeds meer as een keer op die neus laat kyk het met hul onortodokse maar hoogs suksesvolle gevegsmetodes.

Uit die noorde sou die sogenaamde vryheidsvegters kom en in wilde angs sou hul probeer om terug te vlug na die noorde - bitter min sou egter ooit weer na enige plek terugkeer, behalwe na die rusplek van hul ontslape voorvaders.

‘n Ervare polisieman gee hier aan die leser ’n verdere blik op die onortodokse optrede van die manne wat belas is met die taak om binnelandse veiligheid te verseker.

 

HURTER_Jack_operasie_afkap taffie oneilverhaal

Operasie afkap
boek geskryf deur Jack Hurter
‘n majoor Taffy O’Neill verhaal
grensoorlog verhaal
1967 uitgawe

Operasie Afkap! ’n Lewensgevaarlike operasie wat ten alle koste suksesvol uitgevoer moťt word, want die toekoms van Suid-Afrika is op die spel. Hierdie operasie verg nie alleen mannemoed en deursettingsvermoŽ nie, maar dit hou ook die belofte van ’n groot avontuur in.

Van die gedugte majoor Taffy O’Neill en sy rofskofte word verwag om gelyktydig ervare guerrillavegters en paddamanne te wees, taai, roekeloos, onverskrokke, betroubaar en met ’n groot liefde vir hul vaderland.

Hulle opdrag is om op ’n diepte van honderd voet of meer, duikbote en ander vaartuie aan te val en te vernietig. So ’n opdrag was nog nooit aan paddamanne gegee nie. Dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees dat so iets aangedurf word.

Dwarsdeur hierdie verhaal is daar een woord wat duidelik uitstaan: Spanning! Spanning wanneer die manne opgelei word vir hulle groot taak; spanning soos die dae verbysnel en D-dag aanbreek; spanning gedurende Operasie Afkap. Hierdie spanning word egter telkens deur humoristiese voorvalletjies verlig, net om weer tot ’n klimaks opgebou te word.

Hierdie werk sal voorwaar deur die avontuurlustige geniet word!

Logo - nuwe webtuiste 2015

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale