Die Ruimtetrilogie van Lien Roux-de Jager bestaan uit:

  1. Monsterduiwe - boek 1 van die Ruimte-trilogie deur Lien Roux-de Jager
  2. Die Doemprofeet - boek 2 van die Ruimte-trilogie deur Lien Roux-de Jager
  3. Woestynvuur - boek 3 van die Ruimte-trilogie deur Lien Roux-de Jager

Monsterduiwe - lien_le_roux_de Jager_ ruimtetrilogie reeks

Monsterduiwe
Wetenskapfiksie verhaal deur Lien Roux-de Jager
boek 1 van die Ruimtetrilogie

Lien Roux-de Jager se reeks wetenskapfiksie verhale is ideaal vir die jonger geslag wat daarvan droom om die sterre te verken.

Die reeks van drie boeke vertel van die avonture van Len, 'n menslike ruimtevaarder, en 'n groepie Aardlinge in hulle soeke na nuwe, bewoonbare planeet.

In die eerste aflewering, Monsterduiwe, maak ons kennis met Len en die oorlewendes van 'n węreldwye ramp. Die oorlewendes is in drie groepe opgedeel - die eenvoudige grotbewoners, 'n skelm, gemene motorfietsbende en swerms reuse duiwe. Len bevind homself in die middel van 'n permanente skermutseling tussen die twee mense-faksies terwyl hy probeer uitpluis wat met die węreld gebeur het, maar niemand wil ręrig daaroor praat nie.

Intussen val die vleis-etende duiwe die mense heeltyd aan, en dis duidelik vir almal dat hulle sal moet wegkom voordat die mensdom heeltemal uitsterf.

Bo  Tuis_2

Bestel boeke deur e-pos te stuur - kliek hier
of skakel tel 012 346 6738 / 012 567 2522

Doemprofeet - lien_le_roux_de Jager_ ruimtetrilogie reeks

Die Doemprofeet
Wetenskapfiksie verhaal deur Lien Roux-de Jager
boek 2 van die Ruimtetrilogie

In- Die Doemprofeet - beland Len en sy nuwe Aardsvriende op 'n vreemde, ysige planeet, KL2, nadat hulle die Aarde noodgedwonge moes verlaat het. Daar moet hulle die elemente van die natuur en 'n waansinnige diktator trotseer. Hulle ontmoet 'n interessante karakter, Brork, wat nes 'n reuse verkleurmannetjie sy kleur kan laat verander.

woestynvuur - lien_le_roux_de Jager_ ruimtetrilogie reeks

Woestynvuur
Wetenskapfiksie verhaal deur Lien Roux-de Jager
boek 3 van die Ruimtetrilogie

Die derde boek in die reeks is Woestynvuur. In hierdie wetenskapfiksieverhaal lees ons van Len en 'n klein groepie vriende wat van die aarde af gevlug het. Hulle  verken 'n woestynagtige planeet wat geen tekens van lewe toon nie, maar daar is wel water en 'n bewoonbare oppervlak. Die vraag is: het hulle uiteindelik 'n geskikte planeet gevind? Sal hierdie nuwe planeet, gedoop A2 (Aarde 2) hulle nuwe tuiste wees? Hulle maak ook kennis met twee stamme wat teen mekaar oorlog voer.

Lien Roux-de Jager het die verskillende węrelde meesterlik uitgebeeld en met net 'n halwe verbeelding sal jy jou kan inleef in die lewensgevaarlike situasies waarin Len kort-kort beland.

Die verhale bevat die regte hoeveelheid spanning en angs om jou van begin tot einde te boei en die karakters se kommentaar is skerp en sorg vir genoeg snaakse oomblikke.

 

lees ook die gewilde Maasdorp-reeks of Keurboslaan-reeks

Lees ook Lien Roux-de Jager  se Kalli Krynauw reeks -speurverhale

Bo  Tuis_2

Bestel boeke deur e-pos te stuur - kliek hier
of skakel tel 012 346 6738 / 012 567 2522

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015