Stoffel Pienaar was die Afrikaanse geheime agent wat in die 1960’s sy deel gedoen vir volk en vaderland, om die Koue Oorlog koud te hou deur dapper teenstand teen die kommunistiese aanslag te bied?. Die Olaf Bouwer Spioen boeke is deel van die Olaf Bouwer reeks. Die was speurverhale en Spionasieverhale en het die volgende titels ingesluit:

  1. Die Rooi Haaie - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  2. Die rooi maniak - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  3. Die spioen - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  4. Die Vampier - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  5. Francesca - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  6. Haat my nie, Senorita (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer Spioen reeks)
  7. Jy sal Boet, Feranti - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  8. Noodroep uit die nag - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  9. Sending verraad - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer reeks)
  10. Vyand in die SpieŽl - (boek geskryf deur Stoffel Pienaar. Hardeband. 1967. Deel van die Olaf Bouwer Spioen reeks)

 

Olaf Bouwer Stoffel Pienaar haat ny nie seniorita

Haat my nie, Seniorita
Boek geskryf deur Stoffel Pienaar
Deel van die Olaf Bouer Spionasie reeks
Deel van die Olaf Bouer Spioen reeks

“Hierdie plan kom dus daarop neer dat ek my as Anton Drimmler, die Russiese baasspioen , moet voordoen?”
My oŽ nael Chambers op sy stoel vas. Hy knik bevestigend.
“SS-15 het jou aan ons geleen, mnr. Bouwer, omdat jy en Drimmler feitlik ’n identiese tweeling is. Jy moet op Kardino gaan doen wat hy veronderstel was om te doen - maar natuurlik net omgekeerd. Jy moet sorg dat die rebelle-leier, Ramon Pinar, aan bewind kom en die regering van die Kommunis, dr Swarez, tot ‘n val bring.”
Maar die Russe vertrou nie eers hul eie spioene nie. Daar’s altyd iemand wat iemand dophou. En die persoon wat Drimmler moes dophou - is ‘n meisie met die naam Violeta Fortune. Dis die mooiste meisie wat ek nog gesien het.
Wat ek nie geweet het nie, is dat sy as jong meisie gesweer het om Anton Drimmler te vermoor. Nou is ek Anton Drimmler.
Ek moet Kardino red uit die hande van die Kommuniste, maar ek kan dit nie doen as Violeta my om die lewe bring nie. Red ek Kardino nie, sterf miljoene mense in ‘n Derde WÍreldoorlog.
Maar Violeta is nie die enigste persoon wat Anton Drimmler se bloed wil sien vloei nie...

 

Bo3  Tuis_5

bestel boeke / doen navraag - KLIEK HIER

 

Jy sal boet, Feranti!
Boek geskryf deur Stoffel Pienaar
Deel van die Olaf Bouwer Spionasie reeks
Deel van die Olaf Bouer Spioen reeks
184 bladsye vol spanning en spionasie uit die boonste rakke

“Moenie vir my lieg asof ek ’n kind is nie!” blaf die skraal Italianer bitsig. “Onskuldige mense dra nie n pistool met ‘n knaldemper by hulle nie. Hulle steek ook nie motors in die bosse weg en sluip om huise rond nie. Ek vra jou weer: hoekom het jy my hierheen gevolg?”
Onseker kyk ek van die vloer af op na Feranti se gesig. Die pyn klop in my kop en ek moet my oŽ kort-kort knip om die Italianer te sien waar hy langs die masiewe swarte staan.... Vito Feranti, eggenoot van die beeldskone Contessa Carla Francesca wat ek in VenesiŽ ontmoet het, lid van die Kommunistiese Party - en van die wÍreld se magtigste misdaad-organisasie : die gewetenlose Mafia. ‘n Organisasie wat met lang seekatarms die onwettige verspreiding van verdowingsmiddels en die witslawehandel rondom die aardbol beheer en iewers in die Verre Ooste laboratoriums oprig vir die vervaardiging van die dodelike chemikalie.
Om te verhoed dat hierdie proefbuiswapens aan swart nasies verkoop word wat dit haatdraend teen Suid-Afrika sal gebruik, is ek dringend deur SS-15 gestuur om die preofbuise met die LSD-25 te vind en te vernietig.
Ek het die verraderlike spoor van Londen na Rome, VenesiŽ, Johannesburg gevolg - tot hier in Beira. En nou het ek my vasgeloop!
Ek weet : in Suid- Afrika sal duisende mense aaklik sterf omdat ek misluk het ...
 

Bo3  Tuis_5

 

 Olaf Bouwer Stoffel Pienaar sending verraad

Sending Verraad
Boek geskryf deur Stoffel Pienaar
Deel van die Olaf Bouer Spionasie reeks
Deel van die Olaf Bouer Spioen reeks

”Pas op, Olaf!”!
Die meisie se gil waarsku my net betyds. Oorkant die straat klim twee mans uit ’n motor. Ek ken hulle nie, maar twyfel nie wat hul sinistere bedoeling met ons is nie. Elkeen se hand diep in sy baadjiesak gesteek, kom hulle meedoŽnloos op ans afgepyl.
Sonder aarseling skiet ek.
Die swaar koeŽl slaan die een met die donker, Spaanse gesig tussen die oŽ. Asof dit ’n groot, onsigbare vuis is wat hom tref, moker die koeŽl sy kop afgryslik agteroor en slinger hom soos ’n gebreekte lappop op sy rug in die straat. Sy bloed pomp blinknat  en aaklig oor die teer. Weer ’n keer trek ek die sneller en ook sy makker val dood in sy spore neer. 
Ek gryp Maria se hand en hardloop met haar.
Ons hardloop... hardloop...hardloop...

Bo3  Tuis_5

bestel boeke / doen navraag - KLIEK HIER

of skakel 012 346 6738 / 012 803 2710 / 012 567 2522

Olaf Bouwer Stoffel Pienaar FRANCESCA

Francesca
Boek geskryf deur Stoffel Pienaar
Deel van die Olaf Bouer Spioen reeks

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015