Die gewilde Maasdorp reeks van Stella Blakemore is reeds verskeie kere uitgegee. Dit is interessant om daarop te let dat niĆ© net is die bewoording met elke uitgawe verander nie, maar ook die hoeveelheid boeke in die reeks verskil van  uitgawe na uitgawe. Die eerste uitgawe van die Maasdorp-reeks bestaan uit 18 boeke (sien titels hieronder), terwyl die derde uitgawe uit slegs 12 boeke bestaan (kliek hier vir die titels en inlgting oor die Maasdorp boeke) en die vierde uitgawe bestaan uit 16 boeke (Kliek hier vir titels en inligting)

1. Meisies van Maasdorp (1932) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
2. Die jongste meisie van Maasdorpskool (1933) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
3. Kobie regeer (1935) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
4. Kobie en die wonderkind (1939) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
5. Allegra op Maasdorp (1942) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
6. Maasdorp se drie musketiers (1943) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
7. Maasdorp se nuwe onderwyseres - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
8. Hoofmeisie Kobie - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
9. Kobie gaan verder (1951) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
10. Juffrou Kobie- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
11. Jongspan op Maasdorp- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
12. Niggies op Maasdorp (1956) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
13. Maasdorp se redaktrises- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
14. Maters op Maasdorp- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
15. Maltrappe op Maasdorp- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
16. Nukke op Maasdorp (1942) - deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
17. Ontgroening op Maasdorp- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
18. Lalage op Maasdorp- deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)

Boeke kan bestel word by LIZMAR BOEKE/ LIZMAR BOOKS, met takke in Pretoria
Equestria, tel 012 807 2710 / Monumentpark, tel 012 346 6738, Elarduspark 012 345 4040

 

Kliek hier om meer te lees van Maasdorp-reeks se Derde uitgawe
(bestaan uit slegs 12 boeke)

Kliek hier om meer te lees van Maasdorp-reeks se Vierde uitgawe
(Bestaan uit 16 boeke)

Maasdorp 1e uitgawe maasdorp se nuwe onderwyseres stella Blakemore

Maasdorp se nuwe onderwyseres
deur Stella Blakemore (Maasdorp-reeks, eerste uitgawe)
Boek no 7 van die reeks van 18 boeke
1946 uitgawe

Maasdorp 1e uitgawe maasdorp se nuwe onderwyseres binne Stella Blakemore

Binneblad van Maasdorp se nuwe onderwyseres

 

 

Maasdorp 1e uitgawe Nukke op maasdorp stella Blakemore

NUKKE OP MAASDORP
Boek no 16 in die Maasdorp-reeks
Geskryf deur Stella Blakemore

Nukke op MAASDORP is die eerste keer in 1942 uitgegee,
 met verskeie herdrukke

Hierdie tweede kwartaal op Maasdorp gaan vir baie gesaghebbendes baie hoofbrekens besorg. Nie alleen ontpop ‘n paar van die begaafste vorm II-leerlinge skielik in probleemgevalle nie, maar daar is ook nog ‘n handsak met geld, wat aan die ongewilde mevrou Renton en haar tweelingdogters gekoppel word. Bowendien beproef ‘n lomp en skugter nuweling die geduld.

Die briljante pianiste Kobie Malan wat nou mevrou De Villiers is, is nog altyd musiekdosente op Maasdorp. Maar hierdie kwartaal kom sy by ‘n kruispad en moet ‘n moeilike keuse doen.

Soos in elke vorige Maasdorp-boek, boei die bekende persoonlikhede ons opnuut, want hulle groei met die tyd saam. Die skryfster stel ook weer soos altyd interessante nuwe persone aan ons voor. Hierdie boek bevat dieselfde kenmerkende eienskappe wat Stella Blakemore se Maasdorpboeke so plesierig, lewensgetrou en opbouend maak. Maasdorp het ‘n instelling geword, omdat dit ‘n ou bekende is wat tog boeiend-nuut bly.

Nukke op MAASDORP is die eerste keer in 1942 uitgegee,
met ‘n tweede druk in 1944,
derde druk in 1947,
vierde druk in 1948,

Tweede uitgawe 1954,
tweede druk 1958,

Derde uitgawe in 1968,
(foto uit boek toon dat dit egter in 1965 was)
tweede druk 1977

Maasdorp 3e uitgawe no 1Nukke op maasdorp stella Blakemore   Maasdorp 3e uitgawe no 2Nukke op maasdorp stella Blakemore

Foto’s van Nukke op Maasdorp (boek no 16 in die Maasdorp-reeks) toon dat alhoewel aangedui word dar die derde uitgawe in 1968 was, die boek reeds in 1965 verskyn het.

Maasdorp 3e uitgawe no 3Nukke op maasdorp stella Blakemore

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015