Derick Jacobs is ook een van ons begaafde skrywers wat in verskeie genres sy stem dikgemaak het. Hy het onder verskeie skuilname boeke gepubliseer soos Len Anthony, Rena de Kock, Susan Maree en Henriette Fouchť asook Stefan Radlof. Hy het dan ook verskeie speurverhale geskryf wat meestal in die “ou Suidwes-Afrika” - deesdae NamibiŽ afgespeel het. Die twee speurders wat op vernuftige wyse die moordenaars aan die pen laat ry het was Sers Leendert van Wyk en Maj. (later Kolonel) Hannes Marais.

Speurverhale wat deur Leendert van Wyk opgelos was, sluit in:

  1. Blink soos diamante -1973 (Die ure agter ons - 1981). Speurverhaal geskryf deur Len Anthony. (‘n Leendert van Wyk speurverhaal)
  2. Die klank van geld - Speurverhaal geskryf deur Derick Jacobs. Klub 707 boeke) (‘n Leendert van Wyk speurverhaal)
  3. ‘n Laksman op loer - Speurverhaal geskryf deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (‘n Leendert van Wyk speurverhaal)
  4. Nag van die duiwel - 1988 - Speurverhaal geskryf deur Len Anthony. (Klub 707 boeke) (‘n Leendert van Wyk speurverhaal)
  5. Onder die Blink Sterre -1972 (Soveel blink beloftes -1980) Speurverhaal geskryf deur Len Anthony. (‘n Leendert van Wyk speurverhaal)
  6. Skaduwee oor La Boheme - 1973 (Die mooiste droom - 1980) Speurverhaal geskryf deur Len Anthony. (‘n Leendert van Wyk speurverhaal)
  7. Skat van die Namib - 1976 - Speurverhaal geskryf deur Len Anthony. (‘n Leendert van Wyk speurverhaal

leendert van Wyk speur NAG_van_die_duiwel

Nag van die duiwel
Speurverhaal deur Len Anthony.
Speurder Leendert van Wyk speurverhaal
 

Selma van aarde beland platsak op Vleiland. Volgens die ooreenkoms sou sy net ‘n paar dae lank daar sekretaresse speel - teen ‘n aardige vergoeding. Sy sit sonder werk en geld is nie te versmaai nie.

Maar uit die staanspoor kleef daar ‘n gevoel van onheil selfs net aan die noem van die plaas se naam. Dit bring ‘n beroering onder die wat dit hoor - en ‘n stilte, asof die onderwerp liewer vermy word.

Ondanks oom Spouks van Rensburg se waarskuwing is daar vir Selma geen omdraaikans nie. Sy moet Vleiland toe ... waar sy verstrengel raak in ‘n reeks gebeurtenisse so vreemds en onverklaarbaar, so buitengewoon en angswekkend dat selfs die gehardste poliesieman (sers Leendert van Wyk) wat die toneel die volgende dag besoek, swyg.

Nag van die duiwel kom uit die pen van Len Anthony. en in ‘n buitengewone rillerverhaal waarin die werklikheid en die bonatuurlike slim vermeng word. ‘n Leendert van Wyk speurverhaal

 

leendert van wyk speur_soveel_blink_beloftes_len_anthony

Soveel blink beloftes
VroeŽr ook as “Onder die Blink Sterre” uitgegee (1972)
‘n Speurverhaal uit die pen van Len Anthony
‘n Leendert van Wyk speurverhaal
 

Dit was die feit dat die Groot Giep de Beer, die oggend, nie soos gewoontlik op sy stoep gestaan en met seer oŽ na die wÍreld gegluur het nie, wat speurder-sersant Leendert van Wyk laat besef het, daar is iets verkeerd.
By nadere ondersoek, vind hy dat Groot Giep is vermoor.

Oor die feit, weet hy, sal niemand in Windhoek ‘n traan stort nie, want de Beer was ‘n dronklap, ‘n afknouer, ‘n bullebak. Maar moord bly moord - al druis  dit teen Leendert van Wyk se planne om aan Ingrid verloof te raak, in. Eers plig, glo hy, dan plesier.

Die ondersoek laat ineens ‘n nuwe wÍreld van geheimsinnigheid voor die speurder gaap. Daar is Thys de Beer, Giep se seun met sy haat vir sy oorlede pa en sy intense, byna waansinnige engtevrees. Daar is die verdwyning van Helene van Staden, Thys se vriendin, en die verdwyning van Mandine du Preez, die verslaggeefster.

En dan kom skatryk Hubert du Preez se pragtige jong vrou, Elrinda, met haar vreemde versoek. Die speurder (Leendert van Wyk) mort haar man in Equador gaan haal waar hy besig is met argeologiese navorsing.

Op die oog af, ‘n stapel losstaande gebeurtenisse, en net die feit dat Elrinda aan hom erken het dat sy nog net ses maande het om te leef, het Leendert van Wyk besluit om wel die vlug na Equador aan te pak.

Met nuwe verwikkelinge, ‘n Vliegtuigskaking. Die teenwoordigheid van ‘n stugge man uit wie se sak ‘n horlosie val waarop die voorletters van die vermoorde meisie uitgekrap is...

Vernuftig, boeiend van Len Anthony hierdie los drade saam en hy knoop hulle tot ‘n ineengevlegde intrige-verhaal van moord en liefde en spanning en humor.
‘n Leendert van Wyk speurverhaal

 

Bo  Tuis_2

Lees ook van 100 ander speurverhale - Kliek hier

Lees van Klub 707 speurverhale

Lees die Kalli Krynauw speurreeks

Lees die Hannes Marais speurreeks

Lees die Hugo Brink reeks

Lees die Frik Vorster speurverhale

Bo  Tuis_2

Leendert van Wyk speur_n_laksman_op_loer

‘n Laksman op loer

‘n Klub 707 speurverhaal
‘n Speurverhaal uit die pen van Derick Jacobs
‘n Leendert van Wyk speurverhaal
 

“Onder die laken begin Roelien bewe, sidder soos ’n riet wat onbeskermd teen die wind staan. 
”Dis ek.... Tertia. Roelien, kom help my, asseblief. Ek smeek jou, kom help my... “ Iets gebeur met haar. Saam met die koue wat haar eensklaps tref, wat haar van die kroontjie van haar kop tot in haar tone yskoud laat word, is dit asof haar verstand, haar gevoel los raak van haar liggaam. 
“Kom! Asseblief, kom help my. Hy gaan my vermoor. Hy gaan my verwurg met daardie tou in die motorhuis. Kom help my....” 

Die oomblik toe Roelien haar voete in die losieshuis in Melville sit, voel sy onheil in die atmosfeer aan. En toe die klein muisgesig vent kort daarna so dreigend met haar praat, weet sy sy was nie verkeerd nie: daar is ’n skroef los in die plek.

As sy kon, sou sy onmiddellik padgegee het, maar omstandighede dwing haar om aan te bly; en dit in die kamer van ’n meisie wat ’n week gelede selfmoord gepleeg het. Of is sy vermoor? Toe moet sy ook nog daardie selfde nag op ’n tweede meisie afkom wat skynbaar ook selfmoord gepleeg het.

Die ergste is not dat sy van moord verdink word; al wat kortkom is die motief... en diť vind speurder-sersant Leendert van Wyk ook. Alles dui daarop dat sy ’n moordenares is. Maar die speurder is deeglik; hy glo nie alles wat hy sien nie.

En dit skep vir hom probleme... want hy het oorgenoeg bewyse om enigeen van die inwoners van die losieshuis in hegtenis te neem vir moord. Enigeen kan skuldig wees.

’n Laksman op loer is ’n speurverhaal en spanningsverhaal sonder weerga. Tot op die laaste bladsy kou die leser nog naels omdat hy nie weet wie die moordenaar is en wanneer hy weer gaan toeslaan nie.
‘n ware Leendert van Wyk speurverhaal

 

Bo  Tuis_2

Bestel boeke by :

Tel 012 807 2710 (Equestria)

Tel 012 346 6738 (Monumentpark)

Tel 012 345 4040 (Elarduspark)

Tel 012 567 2522 (Magalieskruin)

leendert van wyk_speur_skat_van_die_namib_len Anthony


Skat van die NAmib
‘n Speurverhaal uit die pen van Len Anthony
‘n Leendert van Wyk speurverhaal

 

Bo  Tuis_2

 

Bo  Tuis_2

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015