Die Kalli Krynauw speurreeks is ‘n nuwe toevoegsel  tot Lien Roux-de Jager se skryfpen. D

Die Kalli Krynauw reeks sluit in:

  1. Donker leuens - spanningsverhaal deur Lien Roux-de Jager (met KAllie Krynauw)
  2. Gekoopte leuens - spanningsverhaal deur Lien Roux-de Jager (met KAllie Krynauw)
  3. Slim leuens - spanningsverhaal deur Lien Roux-de Jager (met KAllie Krynauw)

 

kallie Krynauw DONKER Leuens

Donker leuens
‘n spanningsverhaal uit die pen van Lien Roux-De Jager
Eerste boek in die Kalli Krynauw speurreeks

Kalli Krynauw is ’n forensiese psigofisioloog (poligrafis). Haar opdrag is om onderhoude te voer met die oorspronklike getuies wat iets weet van die verdwyning van De Villiers, die wetenskaplike wat navorsing gedoen het oor ’n alternatiewe brandstof. De Waal Brink word as konsultant ingeroep by die ondersoek. Om sake verder te kompliseer, is Kalli se suster, Madelein, ’n model, en al 15 jaar aan dwelms verslaaf. Haar verhouding met die dwelmkartelle...

 Bo4  Tuis_6

kallie Krynauw GEKOOPTE Leuens

Gekoopte leuens
n spanningsverhaal uit die pen van Lien Roux-De Jager
Tweede boek in die Kalli Krynauw speurreeks

In Lien Roux-de Jager se vorige spanningsverhaal, “Donker leuens” het lesers vir Kalli Krynauw, ’n forensiese psigofisioloog (poligraaf) leer ken; ook die karakter De Waal Brink, wat as konsultant ingeroep word; Kalli se suster, Madelein, ’n model wat al 15 jaar aan dwelms verslaaf is en haar verhouding met die dwelmkartelle wat komplikasies veroorsaak en die web van leuens en spanning al stywer span. Dit was duidelik dat die boek se einde en die karakters se ontwikkeling ideale ruimte gelaat het om as eerste hoofstuk in ’n reeks te dien.

In die tweede boek,”Gekoopte leuens”, is Kalli Krynauw terug en sy en haar suster weer die middelpunt van die moeilikheid. Die boek speel af in ’n luukse oord in die beboste klowe van die Drakensberge, naby Pelgrimsrus ( Mpumalanga voorheen Oos-transvaal) en Kalli word nie net as forensiese psigofisioloog ingespan nie, dit is ook haar fyn kennis van die polisieprosedures wat van haar ’n gedugte teenstander en gewaardeerde kollega maak. Sy breek weg na die oord saam met haar suster, wat nou al meer as ’n jaar dwelmvry is en boonop die “gesig” is van ‘n skoonheidsreeks, Papillon, wat in die laboratorium op die oord vervaardig word.

Die kuiertjie lyk aanvanklik na net die regte medisyne vir ‘n moeŽ lyf, maar na ’n spoggerige onthaal twee dae na hul aankoms word Kalli een oggend met ’n kopseer - en boonop half bedwelmd - wakker. Daar is bloed aan haar wit aandrok en haar suster het spoorloos verdwyn. Sy kan nie veel van die vorige aand onthou nie. Sy word verdink van moord op haar suster en in hegtenis geneem, waarna sy gou agterkom dat van die polisielede geplant en boonop korrup is en sy op een of ander manier die skuiwergat vir iets baie groter is. Sy word uiteindelik onder toesig van Special Intelligence Services (SIS) vrygelaat en moet na die oord terugkeer.

In “Donker leuens” het De Waal Brink en Kalli mekaar romanties leer ken, maar hy moes terug Amerika toe maar hy is steeds die wetenskaplike wat navorsing doen om ’n alternatiewe brandstof te vind. Hy daag weer as konsultant tot die ondersoek op en sy en Kalli se paaie kruis weer soos in die die eerste boek. Saam ontdek hulle twee lyke in ’n afgeleŽ stroompie op die oord se gronde en hul vermoedens dat die laboratorium nie net skoonheidsmiddels vervaardig nie, word versterk.

Intussen gaan draai die boek in die woestyn van Doebai, waar ’n familievriend, Joe, agter Madelein aan is en sy eie lewe in gevaar stel om Madelein te vind.

Lees ook ander liefdesverhale wat in die woestyn afspeel - kliek hier

 

 Bo4  Tuis_6

 

kallie Krynauw Slim Leuens

Slim leuens
n spanningsverhaal uit die pen van Lien Roux-De Jager
Derde boek in die Kalli Krynauw speurreeks

Die derde in die Kalli Krynauw-reeks. - poligrafis help jag maak op misdadigers.

Die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om haar te vermoor is terug in haar lewe.

En ’n reeksmoordenaar is moontlik deel van die polisiespan!

Kalli Krynauw is terug. Sy is nou ’n permanente werknemer by Special Intelligence Service (SIS) en is deel van die ondersoek na ’n sensasionele reeksmoordenaar. Hy maak opslae in die media en gou staan hy bekend as Die Skender. Die Skender speel ’n spel met die polisie, sy beplanning is deeglik en hy is totaal gewetenloos.

Sy word ook steeds gekonfronteer met ’n bedreiging uit haar verlede: Jeffrey Collins,’n lyer aan skisofrenie. Kalli word oorreed om hom weer in die gesig te kyk, alles om deel te neem aan die sielkundige navorsing van ‚Ä™n sjarmante psigiater.

Intussen bly die Skender een tree voor die polisie en laat geen leidrade nie. Die misdaadtonele word meer grusaam, meer uitdagend. Ten spyte van Brink, die man in haar lewe, se vaardigheid met rekenaarprogramme, is al die soektogte vrugteloos. Tot Kalli se irritasie moet sy ook plek-plek trourok aanpas, want haar suster, Madelein, beplan ’n huweliksonthaal vir haar en Brink - die man met die stywe been en die sjarmante kierie.

Kalli begin wonder oor die voertuig waarmee die moordenaar die lyke vervoer en oor sy helper. Sy besluit om op haar eie ondersoek in te stel.

Die eerste boek, Donker leuens, het in 2012 verskyn en die pers het dit goed ontvang. Rapport het gesÍ: Dis ’n diep bevredigende boek met genoeg los drade aan die einde wat die belofte van ’n reeks moontlik maak.Gekoopte leuens was die tweede boek in die reeks en word nou opgevolg met Slim leuens.

 Bo4  Tuis_6

Lees ook misdaad- en spanningsverhale deur ander Suid-Afrikaanse skrywers soos Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Deon Meyer, Chris Karsten en Leon van Nierop en dn ook die Olaf Bouwer reeks.

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015