Derick Jacobs is ook een van ons begaafde skrywers wat in verskeie genres sy stem dikgemaak het. Hy het onder verskeie skuilname boeke gepubliseer soos Len Anthony, Rena de Kock, Susan Maree en Henriette Fouchť asook Stefan Radlof. Hy het dan ook verskeie speurverhale geskryf wat meestal in die “ou Suidwes-Afrika” - deesdae NamibiŽ afgespeel het. Die twee speurders wat op vernuftige wyse die moordenaars aan die pen laat ry het was Sers Leendert van Wyk en Maj. (later Kolonel) Hannes Marais.

Speurverhale wat deur Hannes Marais opgelos was, sluit in:

  1. Die geur van vryheid - speurverhaal deur Derick Jacobs. (’n Hannes Marais speurverhaal)
  2. Jy ook, Lize? - speurverhaal deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (’n Hannes Marais speurverhaal)
  3. ’n Gas om middenag -  speurverhaal deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (’n Hannes Marais speurverhaal)
  4. Nag van vergelding - speurverhaal deur Derick Jacobs. (Klub 707 boeke) (’n Hannes Marais speurverhaal)
  5. Onrus oor Casa Cuna - speurverhaal deur Derick Jacobs. (’n Hannes Marais speurverhaal)
  6. Onrus oor Casa Mia - speurverhaal deur Derick Jacobs.(’n Hannes Marais speurverhaal)
  7. Onrus oor La Boheme - speurverhaal deur Derick Jacobs. (’n Hannes Marais speurverhaal)
  8. Uur van vergelding - speurverhaal deur Derick Jacobs. (’n Hannes Marais speurverhaal)

 

Hannes Marais speurreeks DERICK_JACOBS_die_geur_van_vryheid

Die geur van vryheid
Spanningsverhaal / speurverhaal geskryfl deur Derick Jacobs.Boeke
Hannes Marais Speurverhaal


‘n speurverhaal wat in NamibiŽ (Suidwes-Afrika) afspeel en deur Hannes Marais ondersoek word

Dit was halftien, Donderdagaand, twaalf Februarie, toe luitenant-kolonel Hannes Marais, Suidwes-Afrika se speurhoof na die mense oorkant sy lessenaar gekyk en sy hand in die lug gehou het. ”Hier in my hand”,  het hy gesÍ, ”hou ek die oplossing van die moord-drama wat almal van julle raak.!

Waar het alles begin wat gelei het tot die moord wat halftien daardie Sondagaand, agt Februarie, in ’n plaashuis net buite Mariental, in die suide van Suidwes gepleeg is? Was dit die gevolg van Kobus Deysel se jaloeisie op sy pragtige vrou, Irene, of was dit omdat iemand se gretige oŽ die geld gesien het wat die hotel-eienaar, Herr Bloem, uit sy kluis gehaal het?

Was dit straks die haat van ’n vrou wie se liefde en toewyding aan ’n man na twee jaar in haar gesig teruggegooi is, twee jaar waarin sy uitgesuig is, soos ’n parasiete sy gasheer uitsuig.

Of het die eerste gedagte aan moord op die Kalahariplaas, Jungfrau, ontkiem, daar waar Johannes Snyman alleen met sy gedagtes en die verlange in sy eensame hart agtergebly het? Johannes Snyman wie se gestalte deur baie jare gebuig is, deur wie se yl, grys hare die skoon Kalahariwind speel, terwyl hy verlang na sy kinders en so intens begeer om hulle weer aan sy tafel te hÍ.

Toe kolonel Hannes Marais sien in watter rigting die bewyse begin neig, kon hy voel hoe sy hart klein trek in hom want hy hett nie geweet of hy hierdie keer weer die durf sou hÍ om die moordaak op te los nie. Moes hy nie maar van alles vergeet, uit die polisiediens bedank en op ’n plasie in die Bosveld gaan woon nie? Daar waar vrede en Vryheid is, dieselfde vrede en Vryheid wat Johannes Snyman nog al die jare op sy plaas Jungfrau ondervind het - totdat dit bedreig is deur die persoon wat op Sondagaand, agt Februarie vermoor is!

DIE GEUR VAN VRYHEID is ėn spannende, fynbeplande speurroman (Hannes Marais reeks) spesiaal vir PRONK-BOEKKLUB uit die pen van Derick Jacobs.

Bo   Tuis_2



Hannes Marais speurreeks DERICK_JACOBS_jy_ook_lize

Jy ook, Lize?
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal wat in NamibiŽ (Suidwes-Afrika) afspeel en deur Hannes Marais ondersoek word
(Klub 707 boeke)

JY OOK, LIZE? - Dit was die siniese woorde wat deur iemand se gedagtes geflits het, oomblike voordat, of nadat, hy sy vuurwapen op ’n meisie gerig en die sneller getrek het.

In ’n droŽ rivierloop, suid van Windhoek, is haar lyk gevind, dieselfde oggend toe Windhoek himself geklee het in die feesgewaad van sy jaarlikse, jolige karnaval. Maar wie het daardie sneller getrek? Presies dit is die probleem waarmee Suidwes se briljante speurhof, luitenant-kolonel Hannes Marais te doen kry, op die aand van die maskerbal, die Vrydagaand wanneer alles in Windhoek setel om die uitbundige jolyt van die Karnavaldans.

Watter rol speel Rudolf de Jager, die besoeker uit Johannesburg, in die dood van die meisie? Waarom het hy so skielik vertrek, ’n dag voor sy bestemde tyd, en skynbaar enkele ure na die meisie se dood? En Helmut Preller, die sokkerheld wat vir die eerste keer in sy lewe lief geword het vir ’n meisie en wat bitter gemaak is deur haar ontrou, kon hierdie onverwagste skok wat die lewe se mooiste liefde, hom gegee het, kon dit van hom ’n moordenaar gemaak het?

Daar is ’n mate van meedoŽnlose koelbloedigheid in die wyse waarop Hannes Marais hierdie saak ondersoek. Want ook hy het ’n verlede. Hy was nie altyd die man wat hy vandag is nie. Hy het so geword, omdat hy ook tevore iets verloor het wat vir hom die waardevolste besitting van sy lewe was.

In bykans twintig jaar van speurwerk, het Hannes Marais nog nooit verloor nie. Hy is nie van plan om dit nou te doen nie. Wat mense van hom dink, raak hom nie. Miskien daarom dat hy die bedorwe Rita Buys kan hanteer soos niemand anders dit met haar kan doen nie. Vriende is nie vir hom belangrik nie, want die lewe het hom geleer dat ’n mens jouself net kwesbaar maak deur te intiem betrokke raak by ’n ander.

JY OOK, LIZE uit Derick Jacobs se pen is ’n Hannes Marais speurverhaal  - en iets meer. Dis ’n verhaal oor mense se emosies daardie emosies wat liefde genoem word, of haat of bitterheid of blye vreugde.
Hannes Marais Speurverhaal

 

  Hannes Marais speurreeks DERICK_JACOBS_NAG_Van_vergelding

Nag van vergelding
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais 
KLUB 707 Boekklub

Agt mense word een stormnag in en om Schloss Freimut vasgekeer; die negende een lÍ dood. En een van die agt kon die moord gepleeg het, enigeen.

Aanvanklik lyk dit egter of byna niemand ’n motief gehad het nie, maar kolonel Marais vind gou uit dat motiewe legio is. Alles is daar: nyd, hebsug, haat... En skynbaar was daar ook genoeg geleentheid.

Dit is een van die moeilikste sake wat kolonel Hannes Marais nog moes oplos, want telkens wanneer hy iemand verdink, ontdek hy ’n nuwe leidraad wat hom oortuig dat sy verdagte nie die moordenaar kan wees nie.

In sy soektog na die waarheid vlek hy die lewens van elke inwoner en gas van die kasteel oop en diep hy hul geheime op; en telkens is dit die eerlike boemelaar wat nog ’n antwoord verstrek...die boemelaar wat te veel gesien het.

Nag van vergelding is ’n speurverhaal soos min:  ’n uitdaging vir die leser om voor die vermaarde speurder, Hannes Marais, te probeer om die saak op te los...Hannes Marais Speurverhaal

Bo      Tuis_2

 Hannes Marais speurreeks DERICK_JACOBS_onrus_oor_casa_cuna

Onrus oor Casa Cuna
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
’n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais

Eers was daar ONRUS OOR CASA MIA, daarna ONRUS OOR LA BOHEME en nou, aangrypend soos die voriges, ONRUS OOR CASA CUNA.

Casa Cuna is die naam van ’n tehuis in Windhoek, die beteken ”huis vir weeskinders”. Maar met Werner van Hoogendoorn aan die hoof daarvan, is Casa Cuna geen toevlugsoord nie, veel eerder is dit ’n kamp waar kinders woon omdat hulle geen ander blyplek het nie.

En die aand toe die rewolwerskoot deur die stil Suidwes-nag geskeur het, was dit die begin van luitenant-kolonel Hannes Marais se betrokkenheid by die weeshuis.

Hy het Louis van der Walt leer ken, die skraal, skrander seuntjie met slaanmerke oor sy hele lyf. Vir Lucas Erwee, die seun van 16 wat oornag ’n man geword het. Vir Rickey Albach, die pragtige meisie wat verlede jaar tweede geŽndig het in die Mej. S.A.-kompetisie en wat diep in haar hart geheime waaksaam verberg.

Ook vir Pieter Lotriet, die knap rugbyspeler en hartebreker. En vir Donald Scheepers, die man wat eens, lank ’n gelede ’n seun gehad het van wie hy ’n man, ’n soldaat wou maak. Die kind het ’n ander gestel gehad en van daardie dag af toe hy onder die sipresse suidwes van Windhoek begrawe is, was Donald Scheepers ’n ander mens.

Hannes Marais, Suidwes se speurhof, het in sy meer as 20 jaar van speurwerk, nog nooit tou opgegooi en nog nooit verloor nie. Hy is ’n bot, swygsame mens, koud, briljant. Net een ding in die lewe kan hom uit rat gooi en dit is ’n kind op wie die lewe sy rug gedraai het. Maar selfs dan hou Hannes Marais sy emosies vir homself.

Hierdie keer, skielik en skynbaar sonder rede, besluit Hannes Marais dat hy die moordsaak nie gaan ondersoek nie. Waarom? Het dit iets te doen met die feit dat hy op die aand van die moord, met woede in sy hart en ‘n vuurwapen in sy sak, en met verbete doelgerigtheid op sy harde gesig, deur die stil strate na Casa Cuna gery het?

ONRUS OOR CASA CUNA uit die pen van Derick Jacobs is ’n aangrypende verhaal van die uiterstes waartoe mense se emosies hulle kan aandryf.’n Hannes Marais speurverhaal

Bo   Tuis_2

Bestel boeke by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 345 4040 (Elarduspark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)
 

Stuur epos vir bestelling : kliek hier

 

DERICK JACOBS onrus oor la boheme¬

Onrus oor La Boheme
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
’n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais

Die hotel La Boheme, is Windhoek se beste.

Van buite gesien, word dit slegs besoek deur vooraanstaande sakemanne uit die Republiek, of soms dien dit as oornagplek vir ryk buitelandse jagters wat deur Suidwes reis om olifante of leeus te skiet vir ontspanning.

Die eienaar, Willem Geertsma, is ’n man wat nie tyd het vir mense uit die laer inkomstegroep nie. Daarom het hy die hotel se pryse buitensporig hoog gemaak. Aan die ander kant - die diens is skitterend, daarom dat mense wat dit kan bekostig, net met lof praat van die hotel La Boheme.

Dis een van die eerste dinge wat Hannes Marais, Suidwes se briljante, meedoŽnlose speurhoof opgeval het, toe sy dienste daar nodig geword het - die weelde in die plek. Hy het onmiddellik begin wonder oor die swartgeklede, skraal en bitter vrou in een van die suites. Die vrou wat met hul eerste kennismaking vir hom gesÍ het: ”Die wiel van die lewe draai stadig, maar dit sal Willem Geertsma inhaal, eendag”

ONRUS OOR LA BOHEME deur Derick Jacobs is ’n speurroman in elke sin van die woord. Dit het daardie tikkie meer as die gewone speurroman, onder meer in die persoon van Hannes Marais, die man wat in die loop van die verhaal so deel van jou eie lewe word dat jy maar net nie kan glo dat jy hom nie rÍgtig ken nie.

Tot dusver was Hannes Marais se loopbaan in die speurdiens onoorwonne. ’n Bitter-soet gedagte, vir hom. Sy simpatie - nie by die misdadiger self nie. Dit lÍ by hulle wat agterbly. Diť is altyd daar. Soms is dit ’n ou man met trane in sy baard wanneer hy moet hoor dat sy seun skuldig is...

ONRUS OOR LA BOHEME is meer as net ’n speurroman. Dit is verhaal, swaar gelaai met menslike drama.’n ware Hannes Marais speurverhaal

Bo   Tuis_2

Bestel boeke by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 345 4040 (Elarduspark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)
 

Stuur epos vir bestelling : kliek hier

 

DERICK JACOBS n gas om middernag

‘n Gas om middernag
spanningsverhaal deur Derick Jacobs.
‘n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais
KLUB 707

Roelof is nie ’n man wat doelbewus vyande maak nie; nogtans vind hy dat hy geen vriende in die Vallei het nie. Almal, net almal is teen hom vandat hy met Albie, lieflingskind van die Vallei, rusie gemaak het.

En toe hy Petra ook nog die deur wys, is dit genoeg aanleiding om hom te vermoor. Of is dit? Dit is die vraag waarvoor speurhoof Hannes Marais te staan kom toe hy die moord op Roelof moet ondersoek.

Toe duik die volgende vraag op: is Roelof regtig vermoor? Was dit nie straks selfmoord nie? Die wapen is immers langs hom gevind; daar is geen ander vingerafdrukke op die kolf as syne nie en dalk wou hy sy eie dood maar net soos moord laat lyk.

Hannes Marais is egter soos ’n bulhond: wanneer hy ’n saak aanpak, los hy hom op en hierdie raaisel sal hom ook nie onderkry nie.

Dit beteken egter dat hy self vyande maak in die Vallei, want hy krap in baie mense se sake, krap geheime oop wat maar kon gebly het; geheime soos buite-egtelike verhoudings en geldverduistering en... moord. ’n Gas om middernag is ’n spanningsverhaal wat die leser end-uit aan die raai hou.Hannes Marais Speurverhaal

Bo   Tuis_2

lees ook ander speurverhale:

Die Klub 707 reeks

Boek mosaiek reeks

Olaf Bouwer reeks

Stoffel Pienaar reeks

 

 

Bo   Tuis_2

 

Bestel boeke by
Tel 012 346 6738 (Monumentpark)
Tel 012 345 4040 (Elarduspark)
Tel 012 807 2710 (Equestria)
 

Stuur epos vir bestelling : kliek hier

 

Bo   Tuis_2

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015