Die geheim-reeks is ‘n reeks vir tieners, vol spanning en avontuur, en handel oor Hanlie en haar maats

 

Boeke in die GEHEIM-Reeks is:

  1. Die geheim van die eiland - geskryf deur Reinette de Villiers
  2. Die geheim van die swart engel (1961) - geskryf deur Reinette de Villiers
  3. Die geheim van die swart koperklok (1962) - geskryf deur Reinette de Villiers
  4. Die geheim van die goue akkedis - geskryf deur Reinette de Villiers
  5. Die geheim van Maliempa (1963)  - geskryf deur Reinette de Villiers

facebook logo lizmarbooks

Lees gerus ook :

Geheimreeks no 1 _Reinette de Villiers

Die geheim-Reeks
geskryf deur Reinette de Villiers
Boek 1 van die Geheim-reeks
Derde druk

Die geheim van die eiland is die eersteling in die GEHEIM-reeks, is onderhoudend geskrywe en sal gretig gelees word deur kinders wat hou van avontuurverhale en speurverhale. Uit Reinette de Villiers se pen kom ‘n verhaal vol intrige en spanning, wat almal sal laat uitsien na die res van die boeke in hierdie reeks , soos hulle verskyn.

Maak gerus kennis met Hanlie en haar maats en al hul wedervaringe.

 

 

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos Maasdorp, Saartjie Baumann, Trompie Die geheim-reeks en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

Bo   Tuis_2

Die swart engel
reeks geskryf deur Reinette de Villiers

Boek 2 van die Geheim-reeks

Inhoudsopgawe:

Inhoud:

Die swart engel verdwyn

Jaatjie ril
“Is dit nie ‘n bietjie donker om museum toe te loop nie?” wil sy van haar kamermaar, Hanlie weet.
“Watwo donker! Die son is pas onder. Juffrou Klopper het ges ons moet net gaan seker maak of sy die deur van die skool se museum gesluit het. Jy weet die skool het vandag gesluit, en met al die bedrywigheid om al die kinders weg te kry, het sy dalk vergeet om die knip op te sit.”
“Asof iemand nou sal sin h daarin om een van die ou geraamtes te wil steel!” brom Jaatjie. Huiwerig loer sy deur hulle slaapkamervenster na waar die skemerte nou met lang spookvingers oor die gronde skuif. Hanlie is al by die deur. Onwillig volg Jaatjie haar.
Buite is dit nog louwarm op die laat Desemberdag. Die skool se museum l ‘n hele ent van die hoofgebou as tussen ‘n paar populierbome. Daar loop ‘n nou voetpaadjie deur die uitgestrekte groentetuine daarheen.
“Ek hou niks van ‘n museum nie.” kla Jaatjie as sy die voetpad agter Hanlie aan volg, “selfs helder oordag voel ek daar koud. Dis nes asof daar enige oomblik ‘n spook onder die stof van die gebeentes kan uitspring. Waarom mense daar behae in skep om ‘n ou spul fosiele so op te gaar, weet ek nie. Ek sien nie wat so waardevol in ou Klopper se museum kan wees dat sy dit nog hoef te sluit nie.”
“Het jy dan van die Swart Engel vergeet?” vra Hanlie verbaas.
“Die Swart Engel?” Dit is duidelik dat Jaatjie nog nooit van so ‘n ding gehoor het nie.
“Ja, man, daardie wonderlike skildery wat die skool verlede week present gekry het.”
“Ek weet daar niks van nie.”
“Waar was jy dan gewees? Daar het dan eintlik ‘n speurder saam met die vrou gekom om dit aan juffrou Klopper te oorhandig!”
“Weet jy, kammie, dit moes seker gewees het toe ek in die siekekamer was. vertel my!”
“Jy weet mos van daardie portret wat in die skool hang van juffrou Lesani, die vorige skoolhoof? Jy weet, die een voor juffrou Klopper?”
“Ja, Wat daarvan?”

Bo   Tuis_2

By Lizmar boeke sal u altyd gewilde reekse soos Maasdorp, Saartjie Baumann, Trompie Die geheim-reeks en vele ander vind. Stuur gerus ‘n e-pos of skakel een van ons takke by
Tel 012 346 6738 / 012 807 2710 / Tel 012 345 4040 om uit te vind wat ons in voorraad het.

facebook logo lizmarbooks

de Villiers Reinette My kruis en my kroos

My kruis en my kroos
1962 uitgawe
Reientte de Villiers

Bo   Tuis_2

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015