Danda is ’n klassieke Afrikaanse kinderverhaal deur Chris Barnard en is vir die eerste keer in 1974 uitgegee. NB uitgewers het egter nou ‘n her-uitgawe van die gewilde kinderboek in 2013 gedoen. Niť net is die nuwe uitgawe van Danda egter effens aangepas nie, maar selfs die slot is verander; maar om die skrywer self oor die aangeleentheid aan te haal:
“Oor klassieke jeugverhale wat in ‘n heruitgawe “hersien” word met die oog op ‘n nuwe generasie lesers ≠ (politieke inkorrekthede word uitgehaal en ‘ouderwetse≠woorde“ vervang), sÍ hy: Dis nie wenslik nie, maar soms nodig, veral in die geval van veral tydspolitiek.

In die geval van Danda het ek die slot verander ≠ omdat ek van die begin af nie tevrede was daarmee nie. Vir ’n jeug≠verhaal het dit net te veel vrae onbeantwoord gelaat.”

 

Barnard_Chris Danda 1974 kinderboek

Danda
voorblad van die eerste uitgawe van 1974
geskryf deur Chris Barnard
Tafelberg uitgewers

Danda maak al maande lank planne vir sy tog op die rivier. Sy vlot is gereed en waterdig, en die spaan werk goed. Maar hy wou nie so skielik vertrek het nie - nie voordat hy alles behoorlik voorberei het en sy diere - veral die nagaap - beter aan die water gewoond gemaak het nie.

Maar sy pa se brief het alles kom omkrap. Sy pa was in die moeilikheid, en as Danda hom wil help, het hy net agt dae tyd om in die hawe te kom.

Dit sal bars gaan, dit weet hy. SÍ-nou die somerreŽns begin uitsak en die rivier kom af? Sal die vlot hou? En dat hy krokkodille en seekoeie gaan teŽkom, is seker.

Maar dis ook goed om weg te kom uit die benouende huisie van sy oom Peet en tante Maria wat niks vir hom omgee nie, hom eintlik net verdra. Hulle gaan natuurlik ‘n kabaal opskop as hulle agterkom die bottel met geld is weg. Al is dit eintlik sy geld.

Danda se tog word inderdaad ‘n stryd op lewe en dood; dit word ‘n toets vir sy kennis van die natuur; en dit word ‘n les in mensekennis. Want hy het nie die hele tyd net die hond (Vlooi), die ratel, die nagaap (Sindo) en die kraai (Kiki) as reisgenote nie. Iewers langs die pad daag Sarel Vetvoet op, en daar is ook nog die man met die haelgeweer en sy mooi dogter (Rosina) met die blink vlegsel en sagte stem.

Barnard_Chris Danda 2013 kinderboek

Voorblad van die 2013 uitgawe van DANDA
Die storie is egter herskryf en die slot verskil ook van die oorspronklike 1974 uitgawe van Danda
Kinderverhaal deur die bekroonde Chris Barnard

Chris Barnard se Danda is in 1974 gepubliseer. Verskeie herdrukke en heruitgawes het gevolg. Die derde sagtebanduitgawe is in 2013 deur NB uitgewers heruitgereik.

Die verhaal van DaniŽl Daneel wat op 15 jaar met sy troeteldiere op ’n vlot klim en ’n rivier aandurf om na sy pa te gaan soek, is so ongekompliseerd en toeganklik soos wat ’n mens van ’n jeug’≠verhaal verwag. Maar Danda se reis op ’n soms stormagtige rivier is op meer as een vlak ’n ontdekkingsreis.

Hy leer ken belangrike fasette van die lewe: vriendskap, deursettingsvermoŽ, mededeelsaamheid, lojaliteit, veggees, om lief te hÍ en om met deernis en humor na die mensdom te kyk. ’n Bewustheid van geluk of om gelukkig te wees.
 

Barnard_Chris Danda ou Oudeur 1977 kinderboek     Barnard_Chris Danda ou Oudeur 2013 kinderboek

Danda op Oudeur
Links die voorblad van die eerste uitgawe van 1977
regs is die voorblad van die 2013 uitgawe van Danda op Oudeur
geskryf deur Chris Barnard
Tafelberg uitgewers

Toe Danda ‘n jaar gelede op die vissersdorpie Oudeur aangekom het - na ‘n gevaarlike tog op die rivier met sy vlot, sy troeteldiere en sy eksentrieke vriend Vetvoet - het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat nie vir hom omgegee het nie. Hy kon sy pa help om hul boot te betaal, daar was plek vir sy diere, en hy was naby Rosina, die meisie met die donker vlegsels wat pynlik skaam is en hom tog elke Woensdag op die strand ontmoet.

Maar een aand, nadat die kruppel man op die donker sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda dat hy reeds geruime tyd weet dat alles nie pluis is nie. Sy pa is stil en bedruk, en die aande by die stoof in die kombuis is nie meer dieselfde nie.

Toe hy die afspraak met die geheimsinnige kruppele nakom, raak Danda dadelik betrokke by die bedrywighede van seerampokkers, van ‘n skadu-agtige figuur wat net sowel vriend as vyand kan wees, en van ‘n afperser wat geduldig wag op die ondergang van die beste man in die wÍreld - Danda se eie pa.

En uiteindelik is dit Rosina wat op haar teruggetrokke manier ‘n hele nuwe wending  aan alles gee.

 

Lees meer oor die skrywer (biografie) , Chris Barnard - kliek hier

Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke/ werke

 

Bestel die boeke per epos - kliek hier

of tel 012 567 25 22 / 012 807 2710 / 012 345 4040

 

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015