Jaco JACOBS Suzie se superdoeper sjampoe Jaco Jacobs

Suzie se superdoeper-sjampoe
geskryf
deur Jaco Jacobs
Kan Suzie haar oupa se hare laat teruggroei?

 

Suzie se superdoeper-sjampoe deur Jaco Jacobs - deur LAPA uitgegee

Suzie is mal oor hare. Nog voordat sy kon praat, kon sy al ’n poniestert maak. Wanneer sy eendag groot is, wil sy ‚Ä™n haarkapper word. Sy hou van haar pa se netjiese kuif. Sy hou daarvan om haar ma se lang hare te kam. Sy hou van haar boetie se borselkop. Sy hou van haar ouma se grys krulletjies‚Ķ Maar Suzie se oupa het glad nie hare nie. Sy kop is kaal soos ‚Ä™n eier. Daarom besluit Suzie om ‚Ä™n plan te maak‚Ķ
¬ 
¬ 
Oor die outeur

Jaco Jacobs¬ is op Carnarvon in die Karoo gebore. Sy eerste boek,¬ Troetelgedrog, het in 2001 by LAPA verskyn, en sedertdien het meer as honderd boeke vir kleuters, kinders en tieners uit sy pen verskyn. Sy boeke is onder meer bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en 19 ATKV-Kinderboektoekennings. Talle van sy boeke word met groot sukses by skole voorgeskryf, en in 2014 is ‚Ä™n rolprentweergawe van sy gewilde tienerboek¬ Suurlemoen!¬ landwyd vrygestel. Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, twee honde, Pippie en Binki, en ‚Ä™n baie stoute kantoorkat genaamd Lego wat sy bes probeer om Jaco uit die werk te ho

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015