Maroelaboom stories  - deur Leon de Villiers en Emily Bornoff

 

kinderstories_Maroelaboomstories -diereverhale

Maroelaboom stories 
stories deur deur Leon de Villiers en Illustrasies deur Emily Bornoff
LAPA uitgewers, 2005 eerste uitgawe
A4 grootte

Leon de Villiers is in Pretoria gebore en het ook daar grootgeword. Hy woon deesdae in die Vrystaat, aan die rand van die bergland van die Vredefortkoepel. Na al die jare as stedeling is dit vir hom ‘n groot voorreg om bedags visarende en snags jakkalse te hoor skreeu, of om kameelperde en ander wild in die verte te sien wei. En waar daar diere is, is daar stories.... Leon beskou kameelperde as aanskoulike diere, maar effens vervelig wanneer dit by storievertel kom. Bobbejane daarnteen, het nog altyd van skinder en storievertel gehou. Tot watter mate hulle geglo kan word, kan ‘n mens maar net raai. Gebrekkige feite het mos nog nooit ‘n bobbejaan met ‘n sappige storie gekeer nie....

 

Stories in die boek vervat is:

  1. Die olifantneste
  2. Die bere en die maanheuning
  3. Die buffels verloor hul strepe
  4. Die ystervarke se skrikmaakspeletjies
  5. Die hase is verveeld
  6. Krokodil leer sweef
  7. Koedoe spog hom vas
  8. Die tarantale kry name
  9. Die kameelperde se groot skrik
  10. Die seekoeie wil dans
  11. Die bome luister
  12. Die sonbesies en die son
  13. Die sonbesies en die son (die eintlike storie)
  14. Die wildehonde en die slang
  15. Totsiens tier

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015