Jannie sprinkaanbeentjies jj scheepers

Jannie Sprinkaanbeentjies
Jeugverhaal geskryf deur J.J. Scheepers
Illustrasies deur Esther Boshoff
Die her-uitgawe is verwerk deur Cas Vorster

Jannie Sprinkaanbeentjies of Honger Jannie soos Sakkie-hulle hom genoem het, het nagenoeg eers as vervolgverhaal in DIE BRANDWAG verskyn en daarna in boekvorm. in 1971 is Jannie Sprinkaanbeentjies egter met ‘n paar veranderinge weer her-uitgegee

Van die begin af was Jannie en sy maters sommer baie gewild. Duisende kinders - en laat ons dit erken, ook duisende volwassenes - het hulle kattekwaat en manewales terdeĆ« geniet. Daar het mos aljimmers iets met Jannie, Sakkie, Snoepie, Piet Kraaivoet, Johhny en Jonas gebeur. Veral met die arme stadsjapie Johnny. Ook is daar tant Doortjie - Jannie Sprinkaanbeentjies se stiefma. Dis dan ook waarom Jannie dink hy al die vuilwerk in die huis kry om te doen, en daarby word hy nog stief behandel ook! Hy kry gereeld die kleinste en swakste stukkie vleis, as daar geeet word As daar dalk ‘n glaserige moer  saam met die aartappels gekook word, word dit altyd vir Jannie gegee. Verder het hy gevind dat as daar nog ‘n halwe koppie koffie onder in die kan oor is, kan hy seker wees hy kry al die moer! Dit is dan as gevolg van die ondervoeding en stief behandeling dat sy beentjies so maer is en die rede dat hy Jannie Sprinkaanbeentjies genoem word.

Maar nou ja, as Jannie Sprinkaanbeentjies in die nabyheid is, moet ‘n mens verwag dat daar dinge met ‘n mens sal gebeur!

Met die her-uitgawe van Jannie Sprinkaanbeentjies deur Voortrekker Pers is die boek verwerk deur Cas Vorster, ‘n jeugverhaalsrywer, maar dit bly nog steeds dieselfde Jannie wat soveel genot aan so baie jong mense veskaf het.

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015