Appelboom-ouma MIRE LOBE
Voorblad van die Appelboom-ouma
Die Appelboom-Ouma is geskryf deur Mira Lobe
Illustrasies deur Susi Weigel
Boek is vertaal deur Lizette Geldenhuys
Hierdie verhaaltjie, meesterlik geskep deur Mira Lobe, het die Oostenrykse Kinder- en Jeugboekprys verower. By die lees daarvan gebeur daar iets magies: dis soos die afskiet van ’n fyn, goue pyl wat kinder- en ouergemoedere wil deurboor met die wete dat die begripsgaping tussen geslagte oorbrug kan word.

Afrikaanse kinderboeke - 1983 en 1984 uitgegee deur Daan Retief Uitgewers

Meer oor die inhoud...
Andi het al opgemerk dat al die kinders in die straat het oumas gehad - party het sommer twee gehad. Net Andi het nie een gehad nie. En dit het hom ongelukkig gemaak. Maar daar kom ’n dag waarop hy nie meer stuurs in die appelboom hoef te sit en dink aan Gerhard met sy mallemeule-ouma en aan Robert met sy “Hallo, Bobby” ouma nie - want sy droom is bewaarheid en skielik IS SY DAAR! Sy appelboom-ouma! Sy APPELBOOM-ouma het haar eie fabelagtige sportmotor en ’n geborduurde sak, haar eie verehoed en natuurlik ongelooflike waagmoed, waardeur hulle weggevoer word na verre lande: om wildeperde te vang en tiere te jag.

En onwetend sluit sy Andi se jong hart oop vir ’n ander ouma, een wat klere maak en in ’n rooi-en-witgestreepte kous wil spaar, ’n rumatiekgeteisterde ouma vir wie Andi blomme kan plant en boodskappe kan stuur. En die beste van alles is dat Andi nie meer jaloers is of ‘n skuldgevoel het teenoor ander mense oor sy uitgedinkte ouma nie - terselfde tyd hoef hy nie meer skuldig te voel omdat hy meer tyd aan sy ”Woensdag-ouma” bestee as aan sy ”Sondag-ouma” nie!. Ek is gelukkig! dink hy. Eers het ek glad nie ’n ouma gehad nie-nou het ek tw en ek kan die een van die ander vertel . 

 

Bestel/ doen navraag oor die boek : kliek hier

Skakel 012 807 2710 of

012 346 6738

 

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015