Boeke oor kinderhelde uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis is gewoontlik ‘n rare fonds. Dit is daarom altyd lekker om die geskiedenis en agtergrond van ons kinderhelde en jeughelde in P.J. van der Watt se JEUGHELDE te lees.

JEUGHELD PJ van der walt Kinder helde Anglo Boereoorlog

Jeughelde - P.J. van der Watt
uitgegee deur Shuter & Shooter
Eerste uitgawe was in 1980

Inhoud
 

Geen groter liefde (Racheltjie de Beer)
Die boerseun wat nie wou verklik nie (Japie Greyling / Kommandant Greyling se seun)
Die sprong na heldedom (Marthinus Oosthuizen)
Blink lemme in die moreson (Kommandant Pieter Uys)
Wit pluime in die wind
Kinders van die Kommandeur
Gee hom die morester (Paul Kruger)
Voetspore na onverganklikheid (John Ross)
Haar lamp bly brand (Elizabeth Catharina Lotz oorl 1964)
Tolk van verraad (William Wood)
Sy naam is die dood (Dingaan)
Verskrikking uit die lug (Hendrik Snell, 1942)

 

Lees ook ander boeke oor kinderhelde en jeughelde - Kliek hier vir heldeverhale-reeks van Pieter W. Grobbelaar

 

 

Verder kan ons aan ‘n paar ander kinderhelde / jeughelde dink soos:

Dirkie Uys
kinderhelde/ jeughelde
Op 11 April 1838 het die boerekommando in twee groepe verdeel om die ±8,000 Zoeloes wat teen die heuwels stelling ingeneem het,, aan te val. Die Uys-groep het suksesvol opgetree, en selfs die vlugtende Zoeloes deur die Italeni agtervolg, waartydens twee manne afgedwaal het. Toe Uys en sy vader en veertien ander man hulle te hulp snel, is hulle in ‘n hinderlaag gelei. Hulle deur die Zoeloes omsingel en moes noodgedwonde ’n pad oopskiet. Uys se vader is gewond; sy krygsgenote het hom saamgeneem, maar hy het gesterf. Ongeveer ’n kilometer verder is Uys deur die Zoeloes vasgekeer en het waarskynlik in die spruit daar naby gesterf. Sy oorblyfsels is nooit gevind nie en het vermoedelik in die spruit weggespoel.
kinderhelde/ jeughelde

Racheltjie de Beer
kinderhelde/ jeughelde
Racheltjie de Beer (1831-1843) is 'n heldin uit ’n Afrikaner-volksverhaal. Sy was die dogter van George Stephanus de Beer (geb. 1794). Volgens oorlewering het sy op 12-jarige ouderdom haar lewe opgeoffer om haar boetie s'n te red nadat hulle tydens ‘n soektog in ‘n erge sneeustorm verlore geraak het. Racheltjie het met ‘n klip ‘n miershoop uitgehol en haar broertjie daarin laat skuil. Sy het self in die opening gelê en sodoende haar broer veilig in ‘n miershoop met haar lyf beskerm. Daar is egter geen bewys dat die twee werklik bestaan het nie
kinderhelde/ jeughelde

 

Boekvesamelaar se droom... Afrikaanse boeke, Africana, boeke, Akrikaanse kinderboeke, Afrikaanse kinderreekse, Boereoorlog, Grensoorlog, Geskiedenis, Christelike boeke,, Afrikaanse liefdesverhale

Logo---nuwe-webtuiste-2015